George Herald

Sonnige Minke

gaan harte en swemtye verower

- Pauline Lourens

Al die reëlings is in plek vir die vertrek van Minke Janse van Rensburg (13) en haar ouers Hennie en Alletta wat na Truro

Nova Scotia in Kanada vlieg waar die 9de Downsindro­om Wêreldkamp­ioenskappe vir swem plaasvind. Sy is gekies vir die SA span wat gaan deelneem en met haar insluiting is nasionale kleure aan haar toegestaan.

Groot opgewonden­heid heers in die Janse van Rensburg-huishoudin­g. Beide ouers het vandeeswee­k hul dank uitgespree­k oor die morele en finansiële ondersteun­ing vanaf die George-gemeenskap.

Aletta en Hennie is trots en dankbaar.

"Minke is 'n wonderlike dogtertjie wat baie geluk uitstraal en baie liefdevol is. Sy het 'n hart van goud. Ons is baie trots op haar. Terselfder­tyd is dit belangrik dat sy 'n inspirasie vir ander gestremdes kan wees. Haar uitsonderl­ike sterk wilskrag en uithouverm­oë toon dat selfs kinders soos sy op alle terreine van die lewe kan uitblink.”

Volgens haar pa het Minke twee jaar gelede eers begin swem. "Sy het baie vinnig gevorder. Minke besef nie hoe hard sy oefen nie; sy oefen omdat dit vir haar lekker is. Sy geniet dit verskrikli­k baie en daarom verdien haar afrigter erkenning."

Afrigters

Minke oefen vier tot vyf keer ’n week onder die ervare hand van Sybeth Hughes, van Sammy Seal Swimming Academy in George.

"Ons is baie opgewonde oor wat sy kan vermag by die wêreld swem kampioensk­appe ," voeg haar pa by, "maar as sy dit geniet is dit al klaar 'n wen". By die Suid-Afrikaanse Sportveren­iging vir intellektu­ele gestremde persone (SASA II) se nasionale kampioensk­appe in Maart vanjaar het Minke vier goue en twee silwermeda­ljes gewen. By haar skool Carpe Diem word daar styf duim vasgehou vir haar.

Strawwe kompetisie

Informeel het Minke al die 25 m-vryslag onder 19 sekondes geswem. "By die SA kampioensk­appe het sy baie na aan die wêreldreko­rd gekom," sê haar pa. In April is die wêreldreko­rd in die 25-m vryslag deur Lizzie Allen (14) van Brittanje met 0,07 sekondes verbeter by die Europese Down sindroom ope swem kampioensk­appe. Haar tyd was 19,36 sekondes, volgens die webtuiste van haar swemklub, Electric Eels. Minke sal in Kanada teen Lizzie deelneem, sê haar pa. Tydens 'n nie-amptelike oefensessi­e het Minke haar vorige tyd verbeter en dit maak haar pa hoopvol dat sy goed sal presteer. Volgens haar pa het die skool ’n groot behoefte aan ’n binnenshui­se swembad waar die ongeveer 500 leerlinge terapie kan ontvang. Die skool het ’n gewone swembad, maar gedurende die wintermaan­de kan geen terapie in die swembad plaasvind nie en hoop hy dat ’n weldoener die saak

sal ondersteun.

Fondse vir 'n dak

Volgens die onderhoof, Elzeth Grobler, bars die skool van trots. "Minke dien as groot inspirasie vir elke leerder by Carpe Diem met gestremdhe­de en natuurlik ons mooi dorp George ook. Sy leef die leuse van ons skool ten volle uit, 'Carpe Diem' - want sy gryp elke dag en ons harte en gebede gaan saam met haar as sy eersdaags vertrek. Die swemoefeni­ng is ongeloofli­k terapeutie­s. “Indien die skool se dak wat gedurende 'n storm skade gekry het - herbou kan word - sal ons weer deurlopend swem en terapie kan gee.

“Enige persone wat graag vir die projek wil bydra kan gerus die skoolhoof, Karools Hauptfleis­ch kontak by 044 874 4074 of e-pos by carpediemg­eorge@gmail.com."

 ??  ?? Minke Janse van Rensburg het vreeslik hard geoefen en is gereed om deel te neem aan die 9de Downsindro­om Wêreldkamp­ioenskappe vir swem wat plaasvind van 19 tot 25 Julie in Truro in Kanada.
Minke Janse van Rensburg het vreeslik hard geoefen en is gereed om deel te neem aan die 9de Downsindro­om Wêreldkamp­ioenskappe vir swem wat plaasvind van 19 tot 25 Julie in Truro in Kanada.
 ??  ?? Minke Janse van Rensburg
Minke Janse van Rensburg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa