1 dood, 34 dak­loos na ver­woes­ten­de brand in Touws­ran­ten

George Herald - - News - Br­ü­mil­da Swart­booi

Hulp en by­stand het gis­ter­gog­gend, Woens­dag 4 Ju­nie, in­ge­stroom kort na­dat 34 men­se dak­loos ge­laat is en een dood is in 'n ver­woes­ten­de brand in Dis­sel­boom­straat, Touws­ran­ten. Ge­or­ge-brand­weer is om­streeks 04:50 na die to­neel ont­bied.

Kapt. Mal­colm Po­jie, die Suid-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der het by na­vraag ge­sê, 11 struk­tu­re op drie er­we is in puin ge­lê.

Die lig­gaam van 'n jong man, ver­moe­de­lik in sy 20's, is in die puin ge­vind. 'n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek word ge­doen. Die oor­saak van die brand is on­be­kend. Geen ge­me­ne spel word ver­moed nie. Vol­gens Ge­or­ge-mu­ni­si­pa­li­teit kom­mu­ni­ka­sie­be­amp­te, De­bra Sau­er, het hul so­si­a­le ont­wik­ke­ling af­de­ling die fa­mi­lies voor­sien met nood­ver­lig­ting en 'n bord warm kos.

Die ses fa­mi­lies wat dak­loos ge­laat is, word ty­de­li­ke by die plaas­li­ke ge­meen­skap­sen­trum ge­huis­ves.

Die ver­woes­ten­de brand in Dis­sel­boom­straat, Touws­ran­ten het 34 men­se dak­loos ge­laat. ‘n Man in sy 20’s het in die brand ge­sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.