George Herald

Waarheen volgende vir Tekkie Towners

- Alida de Beer

Die groot groep van die 110 werknemers wat die bestuurspa­n van Tekkie Town gevolg het in 'n dramatiese uitstap uit die hoofkantoo­r aan die begin van verlede week, het Vrydagogge­nd by Oubaai bymekaarge­kom vir 'n sosiale kuier en om 'n staproete te doen.

'n Opgewekte atmosfeer het geheers en die groep het 'n tong-in-die-kies afskeidsli­edjie aan Pepkor (Steinhoff Africa Retail) gesing voor hulle begin stap het.

Die voormalige uitvoerend­e hoof, Bernard Mostert, het in 'n onderhoud met die George Herald bewerings ten sterkste ontken dat druk op personeel geplaas is om te bedank. 'n "Vlaag" bedankings van afdelingsh­oofde en ander werknemers het spontaan gevolg nadat hy en Dawie van Niekerk, die operasione­le bestuurder, verlede Maandag (25 Junie) bedank en uitgestap het, het hy gesê.

Geen werksaanbi­edinge is gemaak nie.

"Ons het nie rekenaars nie, ons het geen vorm van infrastruk­tuur nie. Ons het alles daar gelos want dis Tekkie Town se eiendom. Geen mens wat vandag hier staan, het 'n belofte gehad of 'n geskrewe kontrak nie."

Mostert het gesê die manier waarop Tekkie Town se werknemers, die besigheid se stigter Braam van Huyssteen, en die besigheid self deur Star hanteer is, het hulle nie 'n ander keuse gelaat as om te bedank nie. Daar het enkele personeel oorgebly en Star, waarvan Tekkie Town nou 'n afdeling is, moes spring om 'n bestuurder en personeel van ander winkels in die groep daarheen ontplooi.

Mostert het gesê hulle het nie 'n plan gehad vir die mense wat hulle gevolg het nie, "maar ons moet nou 'n plan maak". Die staptog was deel van wat hy noem "konstrukti­ewe rus". Hulle sal ook sosiale werk doen om die mense besig te hou terwyl daar oor die toekoms besin word.

"Braam wil 'n mededinger vir Tekkie Town stig. Ek wil dalk meer pragmaties wees en eers sien dat die regsproses sy loop neem waardeur ons die Steinhoff-transaksie gekanselle­er wil hê. Daar is verskeie ander regsake wat ook eers hul loop moet neem. As ons 'n tweede Tekkie Town moet begin - sou dit die enigste uitweg wees om vir ons 'n lewe te bou - sal dit baie anders wees as toe Braam 25 jaar terug met net een winkel begin het."

Hy het gesê hulle het die vermoë om tot 15 winkels 'n maand oop te maak en dat hulle binne ongeveer drie of vier jaar tot 500 winkels kan groei. 'n Aantal klein ondernemin­gs het intussen al met hom en Van Huyssteen kontak gemaak oor die moontlike verkoop van hulle winkelreek­se.

Gevra na die uitsetting­sbevel wat Van Huyssteen op Pepkor wil dien, het Mostert gesê, "Braam het hulle kennis gegee dat hulle kontrakbre­uk pleeg en hulle 14 dae gegee om dit reg te stel, maar hulle het te kenne gegee dat hulle dit nie gaan doen nie, daarom sal hy hulle nou kennis gee dat hulle binne 30 dae moet ontruim. Die kontrak bepaal dat geen ander besigheid as Tekkie Town in die perseel mag wees sonder Braam se skriftelik­e toestemmin­g nie. Dus kan Steinhoff se Speciality Footwear nie daar wees nie.

Tekkie Town as entiteit bestaan nie meer nie, dis 'n afdeling van Steinhoff."

Volgens die mediaskake­lafdeling van Star staan hulle die uitsetting­skennisgew­ing teen.

"'n Totaal van 1 552 permanente mense het in Tekkie Town oorgebly waarvan 140 in die George-kantoor werk. Maandeinde­bedrywighe­de is geensins onderbreek nie. Mense wat bedank, het die opsie om weer aansoek te doen vir hul poste. Dit is nie waar dat verhogings vir personeel aangebied is nie. Ons is tans besig om kritiese poste te identifise­er en sal dan aanstellin­gs maak waar nodig," lui Star se kommentaar.

Bewerings is ontken dat werknemers wat wou bedank het, met regsaksie gedreig is en dat 'n klompie personeell­ede wat agtergebly het, deur Star gevra is om te loop weens hulle verbinteni­s met familieled­e wat wel bedank het.

 ?? Foto: Wessel van Heerden ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Werknemers van Tekkie Town en Pepkor (Star) Vrydagogge­nd vroeg by Oubaai waar hulle saam ‘n staproete gedoen het.
Foto: Wessel van Heerden Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Werknemers van Tekkie Town en Pepkor (Star) Vrydagogge­nd vroeg by Oubaai waar hulle saam ‘n staproete gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa