George Herald

Peuter sonder klere na inbraak

- Michelle Pienaar

'n Tweejarige dogtertjie is sonder

'n draad klere na 'n inbraak verlede Saterdagog­gend by haar ouerhuis. Die inbraak het in die vroeë oggendure in Voëlnesvar­inglaan, New Dawn Park plaasgevin­d.

Jolene Saaiman, die kind se ma, was vroeër die week nog geskok toe sy met die George Herald oor die voorval gepraat het.

Volgens Saaiman het die inbrekers toegang tot die huis bekom deur 'n venster in hulle leefarea. "Daar was 'n fyn kraak in die ruit. Hulle het daardie deel van die ruit uitgekap, die venster oopgemaak en ingeklim. My man is nou nog in skok oor die feit dat hulle hier rondgeloop het terwyl ons geslaap het," het Saaiman gesê. Die inbrekers is glo fort met 'n klankverst­erker (amplifier) en 'n klankmenge­r (mixer) wat in 'n kas gebêre was. "Ons het eers later besef al my dogtertjie se klere en doeke, wat in 'n sak in die sitkamer was, is ook gesteel," het Saaiman gesê. "Ek het die sak gepak omdat sy die naweek by haar peetma sou kuier. Ons koop nie baie klere op 'n slag nie want sy groei so vinnig. Al wat ons nou oor het is die wat in die wasgoedman­djie was tydens die inbraak."

Saaiman se hart is baie seer oor 'n rooi poncho wat sy by haar niggie geërf het, vir haar dogtertjie.

Die polisie in Pacaltsdor­p het bevestig dat 'n saak van huisbraak en diefstal geopen is, en ondersoek word. Geen verdagtes is teen druktyd in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa