George Herald

Breinweefs­el en bloed op moordenaar

-

Kristy Kolberg

Breinweefs­el en bloedspats­els is op die moordenaar se klere, skoene, teen die plafon en mure gevind. Daar was ook voetspore van bloed in die huis en die oorledene is in ‘n poel bloed aangetref met ‘n gapende wond aan sy kop.

Só het streekland­dros Pumela Yono die moordtonee­l waar Ernst Hartnick (54) deur sy neef, Brandon Stalmeeste­r

(25) van Pacaltsdor­p, met ‘n staalpyp doodgeslaa­n is, beskryf. Stalmeeste­r, ‘n pa van twee klein kinders, is laat Woensdagmi­ddag, 27 Junie skuldig bevind aan die moord op Hartnick. Hy is kort daarna tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Hartnick se bebloede liggaam is op 29 Oktober 2016 in sy kamer op die vloer aangetref. Hartnick en Stalmeeste­r het glo oor erfgeld gestry waarna Stalmeeste­r sy oom doodgeslaa­n het.

Een van die staatsgetu­ies, Chantell Philander, wat ‘n kamer in Hartnick se huis gehuur het, het gesê sy het hulle (Hartnick en Stalmeeste­r) hoor stry.

Sy het gehoor hoe Hartnick vir Stalmeeste­r sê: “Nee Brandon, nee Brandon, nee Brandon.”

“Toe hoor ek iets sleep waarna ek ‘n slag gehoor het. Daarna was daar stilte.”

Stalmeeste­r het onder andere in sy getuienis gesê dat hy nie by die huis was toe die voorval plaasgevin­d het nie. Hy het gesê dat hy wel die een was wat op sy oom se lyk afgekom het. “Ek het my oupa (Hartnick se pa) geroep en ons het die polisie gebel,” het hy gesê.

Volgens hom het die bloed op sy klere beland toe hy probeer het om sy oom te help.

Die staat het egter gesê dat indien dít die geval was, daar eerder smeermerke as spatsels op sy klere sou wees.

“Die bloedspats­els en breinweefs­el het op jou klere beland terwyl jy die houe toegedien het,” het Yono tydens uitspraak gesê. ‘n Staalpyp, wat met water afgespoel was, is na die voorval in Stalmeeste­r se besit gevind. Hy ontken steeds skuld.

‘n Familielid wat verkies om anoniem te bly, het na hofverrigt­inge aan die George Herald gesê die vonnis is na haar mening te lig. “Hy moes vir die res van sy lewe agter tralies gesit het.”

 ??  ?? Brandon Stalmeeste­r verlede week in die Thembaleth­u-streekhof.
Brandon Stalmeeste­r verlede week in die Thembaleth­u-streekhof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa