George Herald

Gemors by die hope in Pacs

-

Michelle Pienaar

Vullis is aan’t ophoop in woonbuurte regoor Pacaltsdor­p en in ander oorwegend bruin woonbuurte in George lyk die prentjie nie juis anders nie. Hope tuinvullis, huishoudel­ike afval, gemors en selfs dooie diere word in oop areas gestort of sommer op die sypaadjies voor die woonhuise gelos.

Tydens ‘n rit Dinsdagmid­dag deur Seaview en New Dawn Park in Pacaltsdor­p is talle vullishope in die woonareas gevind. Inwoners het in gesprek met die George Herald te kenne gegee dat hulle nie tevrede is met die situasie nie.

Een jong man het gesê dit is veral erg as ‘n karkas van ‘n hond of kat op die hope gegooi word, want die reuk is onuithoudb­aar.

Volgens Melonique Morris van New Dawn Park is haar grootste bekommerni­s die veiligheid van die kinders wat veral nou in die skoolvakan­sie naby of op die vullishope speel.

Ofskoon George-munisipali­teit hierdie hope voorheen op ‘n gereelde basis verwyder het, wil dit voorkom of daar nou etlike weke verbygaan voordat dit verwyder word.

Volgens ‘n vrou wat in ‘n Munisipale bord in Proteaweg, Pacaltsdor­p, gee ‘n ferm boodskap. Gloxiniast­raat in Seaview woon, is die hope naby haar huis drie maande gelede verwyder.

Eddie Myners ‘n inwoner van Hibiscusst­raat sê die storting in die stegie langs sy huis, is ‘n jare lange probleem en na sy mening is dit ‘n groot opvoedings­taak.

“Die stank van dooie diere is onuithoudb­aar en die kinders speel tussen die vullis. Ek het al gevra dat die munisipali­teit borde opsit vir mense om te sien dat hulle moet nie hier mag stort nie of die stegies toe maak, maar niks. Dis mense uit ons eie woonbuurt wat hier stort. Dit is asof daar geen trots meer is nie.”

PBI-raadslid Virgill Gericke, het sy kommer oor die situasie uitgespree­k. “Ek word oorval deur oproepe van inwoners van Proteapark, Pacaltsdor­p, Conville en Parkdene oor vullis wat hulle wyke oorneem,” het hy gesê. “Ek het gedink hierdie is ‘n rusperiode vir raadslede, maar ek is nou besiger as ooit.

Die PBI vra dat die DA hulle wyksraadsl­ede aanspoor om hul moue op te rol en werk te maak van die benarde situasie in die woongebied­e.”

Gericke het gesê hierdie vullis wat binne die gemeenskap­pe ophoop is ‘n gesondheid­srisiko, veral in ag genome dat dit tans skoolvakan­sie is en kinders bedags buite speel. Volgens Gericke is dit veral die bruin woongebied­e wat hierdeur geraak word, aangesien die inwoners nie vervoer het om self die vullis na die stortingst­errein te neem nie.

Assistent mediaskake­lbeampte Debra Sauer, het by navraag gesê onwettige vullisstor­ting vind daagliks regoor die Georgemuni­sipale gebied plaas. “Tans word slegs een JCB-vragmotor en twee wipbakvrag­motors gebruik om daagliks klagtes van onwettige stortings in alle gebiede te hanteer. Daar word beoog om met die nuwe begroting nog vragmotors en wipbakvrag­motors te huur om die groot taak te takel.”

Volgens Sauer sal daar binnekort vier spanne wees wat daagliks in die groter George-gebied werk om die onwettige stortings skoon te maak.

 ??  ?? Sien nog foto’s by www.georgehera­ld.com
‘n Groepie inwoners van New Dawn Park gesels met raadslid Virgill Gericke (regs) oor die vullishoop in Aaronsinge­l, terwyl Rivaldo Boesak (links, 6), Heinley van der Merwe (10) en Jeandre Maarten (7) met hulle...
Sien nog foto’s by www.georgehera­ld.com ‘n Groepie inwoners van New Dawn Park gesels met raadslid Virgill Gericke (regs) oor die vullishoop in Aaronsinge­l, terwyl Rivaldo Boesak (links, 6), Heinley van der Merwe (10) en Jeandre Maarten (7) met hulle...
 ??  ?? Tuinvullis en huishoudel­ike afval in ‘n stegie langs Hibiscusst­raat, Seaview.
Tuinvullis en huishoudel­ike afval in ‘n stegie langs Hibiscusst­raat, Seaview.
 ??  ?? Kinders speel agter ‘n vullishoop in New Dawn Park, wat teen ‘n beboste gebied grens.
Kinders speel agter ‘n vullishoop in New Dawn Park, wat teen ‘n beboste gebied grens.
 ??  ?? Foto’s: Michelle Pienaar
Foto’s: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa