George Herald

Polisiebea­mptes bult hul spiere

-

Kristy Kolberg

Twee polisiebea­mptes van die George, kapt. Natasja Jansen van Vuuren (44) en sers. Renado Cherry (40), is onlangs in die polisie se nasionale liggaamsbo­uspan opgeneem wat in September aan ‘n nasionale kompetisie in Kempton Park deelneem.

Natasja Jansen van Vuuren

Vir Jansen van Vuuren het haar liggaamsbo­u-loopbaan vroeg vanjaar begin toe haar instrukteu­r, Addington Mondo, haar aangemoedi­g het om aan liggaamsbo­u deel te neem.

“Ek het ‘n paar kompetisie­s as toeskouer bygewoon en altyd gedink hoe ongeloofli­k dit lyk. Ek sou nooit kon dink dat ek ses maande later my eerste kompetisie sou wen nie,” het sy tydens ‘n onderhoud aan die George Herald gesê.

Sedert Januarie bestee Jansen van Vuuren ten minste twee ure per dag, sewe dae ‘n week, in die gimnasium.

In Junie vanjaar het sy aan haar eerste Destiny Physical

Culture Associatio­n Events (PCA)-kompetisie in Mosselbaai, deelgeneem. Hier het sy ‘n eerste plek in die Ladies toned bikini-kategorie vir vroue ouer as 35 verower en ‘n vierde plek in die Ladies toned bikinikate­gorie vir vroue langer as 163 cm. “Ek sou nooit kon droom dat ek in my eerste kompetisie ‘n eerste plek sou kry nie.” Hierdie prestasie het die weg vir haar gebaan. Daarna wen sy ‘n tweede en vierde plek in The Battle of the Titans-kompetisie in Kaapstad op 22 Junie.

Aan die einde van Junie het sy aan die polisie se nasionale liggaamsbo­ukompetisi­e deelgeneem waar sy die Miss Fitness Modelkateg­orie gewen het. Dié wen het haar ‘n plek in die polisie se nasionale span verseker. “Dit was vir my ‘n baie groot oomblik om in die nasionale span opgeneem te word. Dit het eers die volgende dag ingesink. Dis ‘n baie groot motivering vir my om aan te gaan. Ek sou nooit kon dink dat ek vir soveel ander vroue ‘n inspirasie sou wees nie. Vrouens hoef nie bultende spiere te hê om aan liggaamsbo­u deel te neem nie. Daar is verskeie kategorieë en jy besluit hoe ver jy dit wil vat,” het sy gesê.

Renado Cherry

Cherry is reeds drie jaar lank by liggaamsbo­u betrokke. “Ek het begin omdat ek ‘n passie vir sport het. Ek is raakgesien en ses maande daarna het ek aan my eerste kompetisie deelgeneem,” sê hy. Hy neem elke jaar aan die Destiny PCA-kompetisie deel waar hy tot dusver elke keer ‘n plek op die podium losgeslaan het. Hy het ook aan die onlangse Destiny PCA-kompetisie in Mosselbaai deelgeneem waar hy ‘n tweede plek in die kategorie vir senior mans onder 70 kg gewen het, en ‘n derde plek in die meesters-kategorie.

By die polisie se nasionale liggaamsbo­ukompetisi­e is hy vyfde geplaas in die afdeling vir senior mans ouer as 40 asook in die kategorie vir senior mans onder

172 cm. “Ek neem deel om myself te geniet. Ek geniet natuurlik ook die verhoog. As ek ‘n plek kry is dit lekker, maar dis nie vir my die belangriks­te nie,” sê hy.

Albei hierdie atlete neem eerskomend­e naweek aan ‘n kompetisie in Knysna deel.

 ??  ?? Cherry (regs) en Jansen van Vuuren na die polisie se nasionale liggaamsbo­ukompetisi­e in Hammanskra­al. Albei was dit eens dat dié kompetisie van die taaiste was waaraan hulle tot dusver deelgeneem het.
Cherry (regs) en Jansen van Vuuren na die polisie se nasionale liggaamsbo­ukompetisi­e in Hammanskra­al. Albei was dit eens dat dié kompetisie van die taaiste was waaraan hulle tot dusver deelgeneem het.
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Twee polisiebea­mptes van die George-omgewing, kapt. Natasja Jansen van Vuuren en sers. Renado Cherry, is onlangs in die polisie se nasionale liggaamsbo­uspan opgeneem.
Foto: Kristy Kolberg Twee polisiebea­mptes van die George-omgewing, kapt. Natasja Jansen van Vuuren en sers. Renado Cherry, is onlangs in die polisie se nasionale liggaamsbo­uspan opgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa