George Herald

Gholfdroom word bewaarheid in Rosemoor

-

Die Golf Legacy Foundation-komiteeled­e James Squire, Corné Robertson, past. Joseph Booyen en Niel Plaatjies saam met klein Caylev Viljoen (3) by Saterdag se feestelikh­ede.

Pauline Lourens

Die groot droom was om gholf na die gemeenskap­pe van Convillle en Rosemoor te bring en dit is Saterdag 30 Junie bewaarheid tydens 'n bekendstel­ling van Golf Legacy Foundation (GLF) se oefenbaan op die grense van die woonbuurte. Die stigter, pastoor Joseph Booysen, gee self onderrig aan kinders van alle ouderdomsg­roepe by weeklikse klinieke. Om orde te handhaaf tussen 60 gretige kinders kos so af en toe 'n bulderende bevel (soos ook op Saterdag die geval was).

Booysen en sy komitee van 10 lede is die dryfveer agter die inisiatief wat vyf jaar gelede 'n aanvang geneem het nadat 'n oop veld tussen Rosemoor en Conville gelyk gemaak is vir die sport. Die George-munisipali­teit is bedank vir hul ondersteun­ing deurdat hulle die grond beskikbaar gestel het en ook by tye met die gelykmaak en terreinont­wikkeling betrokke geraak het. Daar is planne om 'n ‘n Hoogtepunt van die bekendstel­ling van die Golf Legacy Foundation se gholfoefen­baan in Rosemoor was die aflewering van 100 Debonairs Pizzas. Die eienaar Theo van Schalwyk (links) was daar om die pizza te help uitdeel. volwaardig­e 9-putjie gholfbaan tot stand te bring en hiervoor is 'n paar setperke en putjies reeds in plek. Sowat vyf jaar gelede was daar 'n amptelike opening en nou beoog die komitee om gesellige kwartaalli­kse byeenkomst­e te hou. Twee hoogtepunt­e Saterdag was die aflewering van 100 pizzas met die kompliment­e van Debonairs Pizza in George. Die potjiekosm­iddag is moontlik gemaak met skenkings van die Suid-Kaapse gholfunie, Golden Harvest, SA Golf Developmen­t (SAGD) en Snoekies. Die kinders van vier skole insluitend­e Hibernia, Rosemoor, Conville en Heidedal Primêr vind baat by die stigting se fasiliteit­e. "Ons verwelkom alle ouderdomsg­roepe en omdat ons al so lank aan die gang is, het ons reeds een profession­ele speler, Frank Manchest, wat destyds 'n leerling by Hibernia Primêr was. Manchest is nou woonagtig in Johannesbu­rg en neem deel aan die Sunshine-toernooi."

Booysen het daarvoor gesorg dat 'n groepie van sy gholfspele­rs die geleenthei­d kry om in die maandeliks­e South Cape Junior Order of Merit by verskillen­de gholfbane te speel. Een belowende speler, wat deel is van die opkomende span, is Betram Plaatjies (15) wat Saterdag teenwoordi­g was en weer op sy beurt sy kennis met die jonger spelers gedeel het.

Booysen kan bereik word by 072 462 5714 indien instansies die gemeenskap­sinisiatie­f wil borg of as daar belowende gholfspele­rs is wat wil deel wees van die GLF se uitreike.

 ??  ??
 ??  ??
 ?? Foto’s: Pauline Lourens ??
Foto’s: Pauline Lourens
 ??  ?? ‘n Groepie kinders oefen hul afslaan op die oefenbaan in Rosemoor. Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
‘n Groepie kinders oefen hul afslaan op die oefenbaan in Rosemoor. Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa