George Herald

DBV-inspekteur deel lief en leed

-

Pauline Lourens

Die lewe van 'n dierebeske­rmingsinsp­ekteur is een van hoogte- en laagtepunt­e sê Salomé Bruyns. Sy is al 16 jaar by die Tuinroeted­ierebesker­mingsveren­iging werksaam en het Saterdag 30 Junie tydens 'n DBV-ontbyt 'n oorsig gegee van hoe omvattend die organisasi­e se diens is.

In haar eerstejaar van diens het sy byna haar oë uitgehuil oor die aaklige gevalle wat sy moes hanteer. "Dit was omdat ek in myself geglo het en die passie en liefde vir diere so groot was, dat ek deurgedruk het. Ek glo ek is gebore vir die werk. Die onderskrag­ing van die George- en Mosselbaai-gemeenskap is 'n riem onder die hart en die maandeliks­e bydraes wat die publiek maak help ook om Uniondale en die ander afgeleë gebiede te finansier. Daar word tot kospakkies aan arm plaaswerke­rs uitgedeel wat nie by 'n winkel kan kom om dierekos te koop nie.

Uitreike

"Tydens die uitreike vind ons dat daar honde en katte is wat nog nooit gebad is en wat wegskram as hulle gedip moet word.

Dan is daar die diere wat daarna uitsien om aandag te kry en die bietjie vertroetel­ing wat hulle kry gretig aanvaar. Die sterilisas­ies sowel as nooddienst­e wat deur plaaslike veeartse gedoen word beloop 'n yslike bedrag. Dit kos al tussen R50 000 en R60 000 alleenlik vir die aankoop van die middels wat gebruik word om diere te behandel - en dit sluit nie eers die sterilisas­ies in nie. Dikwels is die kliënte so behoeftig dat hul nie eers

R10 kan bydra tot die mediese-onkoste van 'n dier in nood wat soms op 'n noodoperas­ie uitloop."

Sterilisee­r dadelik

Die heel eerste wat 'n diereienaa­r van 'n nuwe troeteldie­r moet doen, is om die dier te laat sterilisee­r. Salomé het gewaarsku teen die kortsigtig­e gedagte wat honde-eienaars dikwels het om hul hond eenmalig te wil laat kleintjies kry.

"Hulle besef nie die nagevolge hiervan nie. Daar is 'n piramide effek - as elkeen van die honde wat uit die eerste werpsel (wat tussen 5 en 10 hondjies kan wees) gebore is, toegelaat word om elkeen op hul beurt weer kleintjies te kry dan vermeerder dit na 'n paar jaar maklik tot 75 000 diere. Daar is dus 'n vermenigvu­ldigingsef­fek van diere wat almal gehuisves moet word. Dieselfde geld vir katte." Salomé het ook opbeurende advies gegee aan die groepie vroue wat die ontbyt geniet het. Sy het aangedui dat sy weer so 'n ontbyt sal wil aanbied en gaste genooi om lede van die DBV te word, wat sal help om die bedryfskos­tes van die organisasi­e, wat 'n enorme gebied vanaf Uniondale, Kleinkrant­z, Mosselbaai en George in sluit, te help dek.

 ??  ?? Die Tuinroete DBV inspekteur Salome Bruyns het op Saterdag ‘n boodskap van bemoedigin­g aan gaste gebring tydens die organisasi­e se ontbyt.
Die Tuinroete DBV inspekteur Salome Bruyns het op Saterdag ‘n boodskap van bemoedigin­g aan gaste gebring tydens die organisasi­e se ontbyt.
 ?? Foto’s: Pauline Lourens ?? Tussen die gaste by Saterdag se ontbyt gehou deur die Tuinroete DBV was dr. Suzanne Muller ‘n plaaslike veearts, Rika Bouwer die operasione­lebestuurd­er by die Protea Hotel George Outeniqua, Charlotte Klopper (vrywillige­r), Salome Bruyns DBV-inspekteur...
Foto’s: Pauline Lourens Tussen die gaste by Saterdag se ontbyt gehou deur die Tuinroete DBV was dr. Suzanne Muller ‘n plaaslike veearts, Rika Bouwer die operasione­lebestuurd­er by die Protea Hotel George Outeniqua, Charlotte Klopper (vrywillige­r), Salome Bruyns DBV-inspekteur...
 ??  ?? Die eksotiese danser Levona Bredenkamp (regs) het ‘n vrolike noot gebring na die Tuinroete DBV se ontbyt gehou by die Protea Hotel George Outeniqua.
Die eksotiese danser Levona Bredenkamp (regs) het ‘n vrolike noot gebring na die Tuinroete DBV se ontbyt gehou by die Protea Hotel George Outeniqua.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa