George Herald

3 000 km in twee dae vir reën

-

Alida de Beer

Johan Kroep (45), ‘n ywerige motorfiets­ryer en nuwe inwoner van Victoriaba­ai, het verlede week 3 000 km in twee dae op sy motorfiets deur die droogteget­eisterde Noord-Kaap afgelê om te bid vir reën en Bybels uit te deel.

Hy is van Victoriaba­ai af deur die Karoo tot in Brandvlei, het ‘n draai gaan maak op Verneukpan en is toe deur Pofadder en Springbok na Vredendal voordat hy Donderdag Weskus langs deur Agulhas, die suidelikst­e punt van Afrika, huiswaarts gekeer het.

Hy het al talle soortgelyk­e ritte op sy BMW GS 1200 Adventure afgelê en sê hy ry al biddende en geselsende met God. Tydens die laaste paar “uitstappie­s” het hy spesifiek vir reën gebid. “Toe ek by Pofadder kom, het ek reën gekry. Dit was in ysige weer met die temperatuu­r wat gewissel het tussen -5°C en 15°C. Ek het deurgedruk Springbok en Vredendal toe. Daar het ek tienuur die aand in die middel van die straat gestaan en dink waar ek gaan oornag. ‘n Motor van ADT het by my gestop en die man het my begin uitvra. Sy suster het ‘n gastehuis en so kry ek toe blyplek. ‘n Familielid van haar werk by Namakwalan­d se radiostasi­e en hy reël toe sommer nog daardie selfde aand dat ek die volgende oggend vroeg ‘n radio-onderhoud gaan doen. Ek bespreek en beplan niks vooraf nie, maar luister net na die Here en gaan waar en wanneer Hy my stuur. Hy bring die geleenthed­e oor my pad, ook die mense vir wie ek Bybels gee.”

Kroep sê hy kry baie keer ‘n droom voor so ‘n rit. Sy sitvlak is al behoorlik ingeoefen vir die lang afstande in die saal. “Ek het ook al oorsee getoer en was in 50 lande in die afgelope 10 jaar om Bybels te versprei en die Woord uit te dra. Van verlede jaar af het ek in ons eie land begin ry om ernstig te bid vir reën. Vir die laaste maand al voel ek ek moet Noord-Kaap toe, en verlede Woensdag, 27 Junie, het ek geweet dis nou die tyd.” Hy het Woensdag 20 ure op sy motorfiets spandeer en 1 900 km gery.

In Maart 2017 het hy 5 000 km in vyf dae afgelê om rondom van die land se grootste damme te ry terwyl hy gebid het vir reën. Hy was onder meer by die Gariep-, Vanderkloo­f- en Bloemhofda­m. Van die damme was feitlik leeg, maar is nou vol of loop oor.

Agt jaar gelede het hy elke Wêreldbeke­rsokkersta­dion in die land besoek tydens ‘n toer van 5 030 km wat hy in 48 uur afgelê het. Hy neem altyd klein motorfiets­bybeltjies saam om uit te deel onder mense wat oor sy pad kom.

 ??  ?? In Rusland, een van die talle lande wat Kroep al besoek het. Hy finansier al sy reise self. Johan Kroep in Agulhas by die suidelikst­e punt van die kontinent.
In Rusland, een van die talle lande wat Kroep al besoek het. Hy finansier al sy reise self. Johan Kroep in Agulhas by die suidelikst­e punt van die kontinent.
 ??  ?? Op pad naby Brandvlei. Op pad na Pofadder.
Op pad naby Brandvlei. Op pad na Pofadder.
 ??  ?? The children benefittin­g from the Gloryland project are happy about the protection the new Wendy house offers. The building was bought with the money donated by Eskom.
The children benefittin­g from the Gloryland project are happy about the protection the new Wendy house offers. The building was bought with the money donated by Eskom.
 ??  ?? The Determinat­ion of Water Resource Classes and Resource Quality Objectives in the Breede-Gouritz Water Management Area
The Determinat­ion of Water Resource Classes and Resource Quality Objectives in the Breede-Gouritz Water Management Area

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa