George Herald

Bokse vol omgee vir slagoffers

-

Michelle Pienaar

Drie jong vriendinne wou dié Junie-vakansie vir ander spesiaal maak met ‘n inisiatief wat vinnig ‘n hele groepie vriende en familie betrek het.

Keira Taljaard (10) en twee maats van Laerskool George-Suid, Talia van Rensburg (10) en Karma Pienaar (9) het met die hulp van hul gr.4-skoolmaats, huisvriend­e, familie en plaaslike besighede ‘n uitreikpro­gram vir slagoffers van huishoudel­ike geweld begin.

Deur die Care Box-projek, soos dit genoem word, kry elke vrou en kind wat by die Phambilisk­uiling in Rosemoor tuisgaan ‘n boksie vol toiletware en ietsie spesiaals soos ‘n geborduurd­e waslap.

Die kinders is onder meer verras met ‘n serp, handskoene, speelklei, kryte en inkleurbla­aie, sowel as ‘n klein swartbordj­ie met ‘n sponsie en bordkryt en ‘n handgemaak­te teddie. Met die oorhandigi­ng van die bokse verlede Vrydag, 29 Junie, het die inwoners, hul kinders en jong besoekers saam liedjies gesing op die maat van kitaarbege­leiding, blokfluite en tamboryne. Vir die jongelinge was die hoogtepunt verseker die saam baljaar in die buitespeel­area en sjokolade muffins wat die kinders self gebak het. Aanvanklik was die idee om hierdie skenking aan Phambili se inwoners tweejaarli­ks te maak, maar intussen het die gevoel ontwikkel dat elke vrou en kind wat daar tuisgaan ‘n Care Box behoort te ontvang. Die bestuurder van die skuiling, Maryda Squire, is baie opgewonde en dankbaar vir die inisiatief. “Ons kinders hier ken nie regtig die mooi van die lewe nie. Hulle het nog net die lelik gesien. Julle wys vir hulle daar is mooi ook,” het sy gesê.

Skoolhoof Sas du Plessis het die projek verwelkom en die kinders aangemoedi­g om saam met hul eie klasmaats die inisiatief verder te neem. Gr.4-leerders het die bokse kleurvol versier en dadelik donasies van toiletware en sagte speelgoed begin maak. Besighede wat ruimhartig geskenk het sluit in Protea Hotel King George, George Mediese Sentrum, die tandartspr­aktyk van Drs. Coetzee, Du Plessis en Putter.

Diegene wat graag tot die projek wil bydra, kontak Sanet Taljaard by 072 300 5832 of sanet.taljaard@ gmail.com.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com
Al dié maats het handjie bygesit om die kleurvolle bokse te vul. Van links is Karma en Kian Pienaar, Milla Taljaard, Talia van Rensburg, Larah Gerber en Lisa Maree. Agter staan Keira Taljaard.
Foto’s: Michelle Pienaar Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Al dié maats het handjie bygesit om die kleurvolle bokse te vul. Van links is Karma en Kian Pienaar, Milla Taljaard, Talia van Rensburg, Larah Gerber en Lisa Maree. Agter staan Keira Taljaard.
 ??  ?? Sjokolade muffins in wording: Van links is Keira Taljaard, Karma Pienaar, Talia van Rensburg en Lisa Maree.
Sjokolade muffins in wording: Van links is Keira Taljaard, Karma Pienaar, Talia van Rensburg en Lisa Maree.
 ??  ?? Handgemaak­te teddiebere vir die kinders.
Handgemaak­te teddiebere vir die kinders.
 ??  ?? ‘n
Geborduurd­e vir elke ma waslappie en kind.
‘n Geborduurd­e vir elke ma waslappie en kind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa