George Herald

Nog ‘n sakekamer sluit aan by AHi

-

Nog ‘n sakekamer het by die AHi Wes-Kaap aangesluit. Die Klein Karoosakek­amer wat die gebiede van Uniondale, Haarlem en Avontuur bedien, is die nuutste lid van die AHi WesKaap. Bestuursle­de van die Klein Karoo-sakekamer is verlede Woensdag 27 Junie, tydens ‘n geleenthei­d in George by die Afrikaanse Handelsins­tituut (AHi) Wes-Kaap se kantore deur dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, verwelkom. Tydens die geleenthei­d waar die Klein Karoo-sakekamer formeel as die nuutste lid verwelkom is, het Cilliers gesê die vraag is hoe mense se drome in sakegeleen­thede omgeskakel word. Dit gaan oor die skep van nuwe geleenthed­e.

Eerw. Andries Palmer, voorsitter van die Klein Karoo-sakekamer, het gesê die organisasi­e wil plaaslike sakeondern­emings help om beter te presteer. Die sakekamer het sowat 100 lede en bestaan al drie jaar.

Daar word gekyk hoe om van die minderbevo­orregte gemeenskap­pe te help hoe om uit armoede te kom.

Die sakekamer het besluit om by die AHi Wes-Kaap aan te sluit sodat hy by ‘n groter struktuur kan inskakel.

Belangstel­lendes wat by die AHi Wes-Kaap betrokke wil raak kan kontak:

Die inbelsentr­um: 086 999 0209

WhatsApp-boodskapp stuur aan 063 755 2351

Stuur e-pos service@ ahiwp.org.za - Eugene Gunning

 ??  ?? Lees volledige storie by www.georgehera­ld.com
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, verwelkom eerw. Andries Palmer, voorsitter van die Klein Karoo-sakekamer. Die Klein Karoo-sakekamer is die jongste lid van die AHi WesKaap. By hulle...
Lees volledige storie by www.georgehera­ld.com Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, verwelkom eerw. Andries Palmer, voorsitter van die Klein Karoo-sakekamer. Die Klein Karoo-sakekamer is die jongste lid van die AHi WesKaap. By hulle...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa