George Herald

Anja verloor kankerstry­d

- Jannie Meyer

Na ‘n lang en moeilike stryd van meer as vyf jaar teen kanker, het Anja van Niekerk (41) Saterdagog­gend, 30 Junie, die stryd verloor met haar ma, Diana Meyer en broer, Anton Meyer, langs haar hospitaalb­ed.

Haar vader, Gallie Meyer, en eggenoot, Theo van Niekerk, het minute later opgedaag om te verneem dat sy die stryd gewonne gegee het.

Sowat ‘n maand gelede nog het Van Niekerk op 26 Mei tydens Laerskool Van der Hoven se Damestee op roerende wyse as een van die sprekers vertel van haar beenmurgoo­rplanting en hoe verheug sy is om gesond te wees. (Lees artikel by www. georgehera­ld.com.)

Die Maandag het sy skielik siek geraak en moes sy hospitaal toe geneem word en bloed ontvang. Sy moes dadelik terug na die Constantia­berg-kliniek in Kaapstad waar sy vir vyf jaar lank behandelin­g ontvang het, maar het dit vir ‘n week uitgestel om die oudste van haar twee dogters, Karla (14), se verjaarsda­g by te woon.

‘n Week later moes sy in Kaapstad verneem dat die kanker weer elders in haar liggaam toegeslaan het en dat daar nie veel is wat medici vir haar kan doen nie. Sy het na George teruggekee­r waar sy by verskeie geleenthed­e vir kort tydperke in die hospitaal opgeneem is omdat haar toestand verswak het.

Kort nadat dokters haar meegedeel het dat daar medies gesproke nie veel is wat hulle meer vir haar dan doen nie, het sy self die nuus aan haar twee jong dogters, Karla en Jana (11), oorgedra en gevra dat hulle dit moet aanvaar, want niemand kan meer iets doen om haar lewe te red nie.

Sy het die laaste week ook gesukkel om voedsel in te neem en vinnig agteruit gegaan.

Nadat Van Niekerk gediagnose­er is en verneem het dat ‘n beenmurgoo­rplanting onafwendba­ar is in die stryd om haar lewe te probeer red, het verskeie organisasi­es en privaat mense in George saamgespan en geld ingesamel om die peperduur oorplantin­g en ander gepaardgaa­nde kostes te dek. Tydens haar behandelin­g moes sy vir lang tye afgesonder in die hospitaal en tuis aansterk omdat haar immuunstel­sel afgetakel was.

In ‘n poging om die kanker te beveg moes sy op gereelde basis tussen George en Kaapstad reis en elke keer haar eggenoot en kinders agterlaat. In die meeste gevalle het haar pa haar na Kaapstad vergesel omdat die kinders in die skool moes wees. So het sy onder baie moeilike en emosionele omstandigh­ede dapper teen haar siekte geveg en deurgaans vas geglo dat sy volkome gaan herstel en eendag weer as gesonde en energieke moeder by haar gesin sal aansluit.

Van Niekerk word Saterdag 7 Julie om 11:00 tydens ‘n spesiale byeenkoms in die Eden-gemeente se kerk gegroet.

 ??  ?? Anja van Niekerk
Anja van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa