George Herald

Groot makietie by 9de sportdag

-

Herold SUB-GPF het op Saterdag 16 Junie hul negende sportdag ter viering van Jeugdag aangebied. Die tema was, loopbane, en die SuidAfrika­anse Polisiedie­ns (SAPD), departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng (DSD), korrektiew­e dienste en die brandweer het inligting verskaf oor loopbane.

Die sportdag is gehou op Meulrivier plaas naby Noll. Die opening en verwelkomi­ng is gedoen deur ds. Gert Nothnagel waarna die vlag gehys is deur Estee Quinch (Plettenber­g Crags-peloton) en konst. Wilson Jantjies.

Plettenber­g Crags-peloton het 'n pragtige vertoning gelewer en Jonathan (Jonty) Martin van Heartbeat FM het as seremoniem­eester en motivering­spreker opgetree. Hy het getuig oor hoe die

Here sy lewe verander het van verslaafde na omroeper, sanger, danser en motivering­spreker. Hy het die jongmense aangemoedi­g om die regte pad te stap. Generaal-majoor Oswald Reddy het die Herold-polisie bedank vir die werk wat hulle in die landelike gebied doen asook die boere wat handevat om 'n verskil in die jongmense se lewens te maak.

Wilton Oktober en Hazel Mbane van George-brandweer het meer inligting verskaf oor brande en hoe om dit aan te meld asook die vereistes waaraan voldoen moet word om 'n brandweerm­an te wees. 'n Sangitem deur Maxwell Matiwa is ook gelewer.

Sokker, rugby, netbal, 'n 5 km-pretloop, toutrek en boeresport was deel van die dag se bedrywighe­de en die jongspan het die gesigverf baie geniet.

Herold SUB-GPF wil graag die volgende borge bedank, Lions, Korrektiew­e dienste, departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng, Coca-Cola, Target Brand,

Agri Herold-landbouver­eniging, Agri BoKammanas­sie-landbouver­eniging, Thusonggem­eenskapsen­trum, George-munisipali­teit, Gert Joubert - Du Toit Meulrivier en George-nooddienst­e.

 ??  ?? Van die sprekers en rolspelers betrokke by die dag. Voor: Konst. Elizabeth Ngobeni. Agter: Jonathan Martin (Heartbeat FM), generaal-majoor Oswald Reddy, ds. Gert Meiring (voorsitter Herold GPF), Maxwell Matiwana (sanger), Gert Joubert (Meulrivier), sers. Angela Meiring. Kol. Michael Taylor (agter sers. Meiring), sers. Wendy Lee, Ivin Jordaan (korrektiew­e dienste), Wilton Oktober (George-brandweer), Hazel Mbane (George-brandweer), ao. O Baron Farmer (Heroldpoli­sie).
Van die sprekers en rolspelers betrokke by die dag. Voor: Konst. Elizabeth Ngobeni. Agter: Jonathan Martin (Heartbeat FM), generaal-majoor Oswald Reddy, ds. Gert Meiring (voorsitter Herold GPF), Maxwell Matiwana (sanger), Gert Joubert (Meulrivier), sers. Angela Meiring. Kol. Michael Taylor (agter sers. Meiring), sers. Wendy Lee, Ivin Jordaan (korrektiew­e dienste), Wilton Oktober (George-brandweer), Hazel Mbane (George-brandweer), ao. O Baron Farmer (Heroldpoli­sie).
 ??  ?? Elrico Tarentaal (DSD, Jeugontwik­keling), sers. Wendy Lee (Heroldpoli­sie) en sers. Michael Opperman (George-polisie).
Elrico Tarentaal (DSD, Jeugontwik­keling), sers. Wendy Lee (Heroldpoli­sie) en sers. Michael Opperman (George-polisie).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa