George Herald

Ek het ‘n hond aangeneem so wat moet ek nou doen?

-

Eerstens, indien jy reeds 'n hond het, is dit 'n goeie ding om die twee weg van jou huis op 'n neutrale plek te laat ontmoet. Die ontmoeting moet positief vir albei wees, so hou hulle noukeurig dop.

Hulle lyftaal sal dadelik sê as hulle 'n probleem met mekaar het. Met 'n goeie ontmoeting sal hulle mekaar se agterente ruik en moontlik begin speel. Hou hulle vir so 30 minute dop. As die ontmoeting goed verloop behoort daar nie 'n probleem te wees om met die nuwe hond huis toe te gaan nie.

By die huis, laat die honde vir die eerste twee weke net ontspan. Gehoorsaam­heidsoplei­ding kan enige tyd gebeur of hy nou ses weke oud is of 16 jaar. Daar is geen haas vir dit nie. Wees ook voorbereid op 'n paar glipsies.

Jou nuwe hond sal nie weet wat van hom verwag word nie, so dit is jou plig om hom op 'n positiewe manier te leer wat jy van hom verwag.

Om te slaan vir 'n glipsie in die huis gaan 'n negatiewe uitwerking hê, so in plaas van 'n glipsie toelaat, neem hom baie gereeld na buite en beloon hom met ietsie lekkers om te eet as hy sy besigheid buite doen. Indien daar wel 'n glipsie binne is, maak net skoon met 'n middel wat nie ammonia bevat nie. Die hond se urine bevat dit ook, en honde sal weer gaan urineer op dieselfde plek as daar so 'n reuk is. Indien jy sien die hond is bang, is dit goed om hom te kalmeer. Baie mense glo nog dat jy jou hond moet “domineer” en “Alfa-leier” moet wees. Dit is geensins waar nie. Jou nuwe hond is deel van jou familie en sal geensins jou probeer “domineer” nie. Hy sal wel die gedrag herhaal wat versterk word bv. indien hy 'n kopkrap kry as hy opspring kan jy verwag dat hy dit weer sal doen. Indien jy nie daarvan hou nie, laat hy elke keer as hy nader kom voor jou sit en gee vir hom iets lekkers om te eet.

Die sit sal dan versterk word en nie die opspring nie. Honde oor die algemeen doen wat vir hulle werk en wat hulle geniet. So stimulasie om gedragspro­bleme te voorkom is baie belangrik. Fisiese oefening is ook baie belangrik, maar geestelike stimulasie waar hy sy brein moet gebruik, is selfs belangrike­r. Gee hom iets om te doen van jou keuse dan sal ongewenste gedrag baie verminder word.

Vir meer kontak ons gerus by george@rehabdogwo­rks.com.

-Artikel deur Wendy Jones

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa