George Herald

POSDUIFKLU­BUITSLAE

- Jannie Meyer

George se posduiwe het Saterdag stadiger as die vorige wedvlugte oor die sowat 325 km in die bibberende binnelands­e lug vanaf Richmond gevlieg.

Weens die koue is die wedvlugte ook 'n uur later begin met die jongduiwe wat om 08:00:00 losgelaat is terwyl die duiwe in die opewedvlug om 09:00:00 gevolg het. Hoewel koud het die duiwe heelpad in mooiweer gevlieg.

Klubuitsla­e: PROTEA POSDUIFKLU­B

Die duiwe het 'n gemiddelde spoed van 62 km/h oor die 326 km opgestel. Blue Stratos het beide wedvlugte gewen, maar Brand Hokke het genoeg goeie plekke ingeneem om steeds die punteleer te oorheers met 'n gerieflike voorsprong. Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1 & 7 Blue Stratos; 2, 3, 5, 9 & 10 Brand Hokke; 4 & 8 Bruce Muller; 6 Fourie Hokke.

Opewedvlug:

1 Blue Stratos; 2, 3 &10 Bruce Muller; 4, 8 & 9 Brand Hokke; 5 D&S Hokke; 6 Fourie Hokke; 7 Jeff & Marlene Lofts. Punteleer:

1 Brand Hokke 1364; 2 Blue Stratos

937; 3 Brue Muller 911; 4 Fourie Hokke 582; 5 Jeff & Marlene Lofts 432; 6 D&S Hokke 424.

OUTENIQUA POSDUIFKLU­B

Stefan May, die jongste lid van die klub wat net 13 jaar oud is, het met die jongduif-wedvlug stof in 'n paar ervare duiweboere se oë geskop en in die opewedvlug ook twee uitstekend­e plekke ingeneem.

Die veteraan Ronnie Stevens het weer 'n oorwinning gesmaak deur die opewedvlug in te palm.

Francois Marais is steeds voor op die punteleer.

Die twee wenduiwe is onderskeid­elik om 13:00:17 en 13:25:27 geklok.

In beide wedvlugte het 11 deelnemend­e lede gesamentli­k 87 posduiwe gemandjie. Uitslae:

Jaaroud-wedvlug:

1 Stefan May; 2, 3, 4 &10 Francois Marais; 5, 8 & 9 Flip du Toit; 6 Ronnie Stevens; 7 J&L Lofts.

Opewedvlug:

1 Ronnie Stevens; 2 & 8 Stefan May; 3 & 10 Flip du Toit; 4, 5 & 7 J&L Lofts; 6 B McLaughlin; 9 Francois Marais. Punteleer:

1 Francois Marais 355; 2 J&L Lofts 304; 3 Flip du Toit 302; 4 Ronnie Stevens 295; 5 Van Wyk Lofts 281; 6 Stefan May 222; 7 Van Wyk Lofts B 124; 8 B McLaughlin 90; 9 Frana's Lofts 87; 10 JF Janse van Rensburg 16; 11 Deon & Tina Boshoff 15; 12 J Gericke 9.

PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Manuel & Stoffels het die wedvlug vir jongduiwe gewen met Gary Page wat die opewedvlug gebuit het.

Steenkamp Bandits het goed genoeg gevaar om sy eerste plek op die punteleer te behou. Uitslae: Jaaroud-wedvlug: 1 8 & 9 Manuel & Stoffels; 2& 5 Steenkamp Bandits; 3, 4 & 10 Gary Page; 6 & 7 BSP Hokke.

Opewedvlug:

1 & 6 Gary Page; 2, 4 & 9 BSP Hokke; 3, 7, 8 & 10 Steenkamp Bandits; 5 Manuel & Stoffels.

Punteleer:

1 Steenkamp Bandits 169; 2 Gary Page 153; 3 Manuel & Stoffels 151; 4 BSP Hokke 113; 5 Clive Kock 35; 6 Prins Hokke 4.

GEORGE POSDUIFKLU­B

Gerhard Swanepoel van Springbok

Racing PI het uitstekend gevaar in die opewedvlug vanaf Richmond en die voortou op die punteleer ingeneem.

Harm Venter was die wenner van die jongduif-wedvlug.

Die wenners van die jaaroud- en opewedvlug was onderskeid­elik 13:15:57 en 13:32:37 tuis.

Vier deelnemers het 40 duiwe vir die jongduif-wedvlug ingeskryf terwyl 5 deelnemers gesamentli­k 50 duiwe in die opewedvlug gehad het. Uitslae: Jaaroud-wedvlug: 1 & 9 Harm Venter; 2, 4, 5 & 8 Leon van Rooyen; 3 & 7 Springbok Racing PI; 6 & 10 Lady Kate Loft. Opewedvlug: 1, 4, 7 & 10 Springbok Racing PI; 2 Lady Kate Loft; 3 & 8 Harm Venter; 5 & 9 Leon van Rooyen. Punteleer: 1 Springbok Racing PI 346; 2 Leon van Rooyen 336; 3 Harm Venter 317; 4 Hugo Jordaan 148; 5 Willem Zeelie127;

Lady Kate Loft 108.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa