George Herald

Drie Kwaggas haal SA senior atletieksp­an

- André Stander

Drie Georgiete is in die finale senior span wat Atletiek Suid-Afrika pas aangekondi­g het en wat Suid-Afrika vanaf 1 tot 5 Augustus by die Afrika-kampioensk­appe in Asaba, Nigerië, gaan verteenwoo­rdig.

Twee atlete van Atletiek SWD, Anél Oosthuizen en Meike Strydom, is in die sterk groep ingesluit wat sterre soos Caster Semenya, Akani Simbine, Carina Horn, Wenda Nel en Luvo Manyonga insluit.

Anel, wat verskeie SA staprekord­s agter haar naam het en Suid-Afrika in 2016 by die Olimpiese Spele verteenwoo­rdig het, gaan aan die 20-km stap deelneem.

Die 17-jarige Meike Strydom, wat vroeër vanjaar vir Suid-Afrika goud gewen het in gewigstoot by die Sentraal Afrika junior en jeugkampio­enskappe in Boksburg, het nou die geleenthei­d om baie ondervindi­ng op senior vlak op te doen.

Dis ‘n pluimpie vir Hoërskool Outeniqua dat drie van die gekose atlete wat SuidAfrika gaan verteenwoo­rdig deur hul leerskool is, naamlik Anel, Meike en JoAné van Dyk, wat vir Atletiek Noordwes deelneem. Meike het die afgelope week haar blydskap te kenne gegee toe sy aan die George Herald gesê het dis 'n eer om op 17-jarige ouderdom in die senior span opgeneem te word. "Ek sal beslis alles insit om na die beste van my vermoë te kompeteer. Ons span se strewe is om vir die derde agtereenvo­lgende jaar die meeste medaljes by die byeenkoms in te palm. Dit gaan vir my as junior atleet goeie voorbereid­ing wees vir die wêreldkomp­etisies in die 2019 en 2020 seisoene."

 ??  ?? Die Kwagga Meike Strydom is opgeneem in die senior atletieksp­an wat Suid-Afrika by die Afrikakamp­ioenskappe in Asaba, Nigerië, gaan verteenwoo­rdig. Twee oud-Kwaggas, Anél Oosthuizen en Jo-Ané van Wyk, het ook die span gehaal.
Die Kwagga Meike Strydom is opgeneem in die senior atletieksp­an wat Suid-Afrika by die Afrikakamp­ioenskappe in Asaba, Nigerië, gaan verteenwoo­rdig. Twee oud-Kwaggas, Anél Oosthuizen en Jo-Ané van Wyk, het ook die span gehaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa