George Herald

Lloyd Bosman ewenaar rekord van 21 jaar

-

André Stander

Die koue en nat omstandigh­ede het nie verhoed dat die atlete Saterdagog­gend uitstaande prestasies gelewer het by die Palm Tyres-padwedlope in George nie.

Die wedlope, wat by Palm Tyres in Courtenays­traat begin en geëindig het en deur Rainbow-atletiekkl­ub aangebied is, het 400 deelnemers gelok.

Die boorling van Pacaltsdor­p, die Olimpiese atleet Elroy Gelant was ‘n groot aantrekkin­gskrag.

Die 29-jarige Lloyd Bosman van Nedbank SWD-atletiekkl­ub, het die 10 km-wedloop in ‘n blitstyd van 30:34 gewen. Die tyd ewenaar die rekord van Grudith Visagie van Mosselbaai Harriers-atletiekkl­ub wat hy in 1997 opgestel het.

Bosman het ook verlede week ‘n nuwe roeterekor­d van 29:44 opgestel by die McDonald’s na McDonald’s 10 kmpadwedlo­op.

Bosman het na die wedloop aan die George Herald gesê: “Dit was lekker om saam met my vriend, Elroy Gelant, deel te neem. Hy het my gemotiveer om vanoggend die vinnige tyd te hardloop. Alhoewel ek met ‘n verkoue gesukkel het, het ek die week hard gewerk en is in my noppies om die 21 jaar oue rekord van Grudith Visagie te ewenaar. Dit is maar moeilik om in die winter te oefen, maar as ek beseringsv­ry bly kan ek nog verbeter op my tye."

Die opeafdelin­g vir vroue is deur Melissa van Rensburg (39:40) gewen.

Die 12-jarige Christoliq­ue McNeil (19:55) van Fit & Run, was die eerste vrou in die 5 km-wedloop.

Kategoriew­enners 10 km:

Opemans:

1. Lloyd Bosman Nedbank SWD (30:34),

2. Elroy Gelant Tydelik (31:22), 3. Godwin Heyns, Nedbank SWD (31:50).

Juniors:

1. Jeanno Cubie, Nedbank SWD (35:43),

2. Austin Koopman, Outeniqua Harriers (36:59).

Meester:

Selwyn Losper, Nedbank SWD (37:01) Grootmeest­er:

Koos Smit, Hartenbos Drawwers (45:12) Groot-grootmeest­er:

Michael Brewis, Knysna-marathonkl­ub (48:37)

Stapper:

Antonio Farmer, Nedbank SWD (48:40) Opevroue:

1. Melissa van Rensburg, Nedbank SWD (39:40), 2. Virgell-Lee Africa, Maties (41:23),

3. Brittney-Ann Meyer, Nedbank SWD (41:50).

Juniors:

1. Virgell-Lee Africa, Maties (41:23), 2. Brittney-Ann Meyer, Nedbank SWD, (41:50).

Veteraan:

Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (44:31)

Meester:

Annemarie van der Westhuizen, Nedbank SWD (51:40) Grootmeest­er:

Annatjie Botes, Nedbank SWD (43:39).

Groot-grootmeest­er:

Dalene le Roux, Nedbank SWD (1:18.41)

Stapper:

Nolene van Rensburg, Nedbank SWD (55:22) PJ Botha, bestuurder van Palm Tyres (links) staan by die manswenenr­s van die 10 kmpadwedlo­op. Van links: Botha, Elroy Gelant (2de), Lloyd Bosman (wenner) en Godwin Heyns (3de).

 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Die 29-jarige Lloyd Bosman (Nedbank) het verlede Saterdag Palm Tyres se 10 kmwedloop in ‘n blitstyd van 30:34 gewen. Die opeafdelin­g vir vroue is deur Melissa van Rensburg (39:40) gewen.
Foto’s: Anton Gericke Die 29-jarige Lloyd Bosman (Nedbank) het verlede Saterdag Palm Tyres se 10 kmwedloop in ‘n blitstyd van 30:34 gewen. Die opeafdelin­g vir vroue is deur Melissa van Rensburg (39:40) gewen.
 ??  ?? Nolene van Rensburg (Nedbank) was die vinnigste vrouestapp­er.
Nolene van Rensburg (Nedbank) was die vinnigste vrouestapp­er.
 ??  ?? Die wenners in die manswedloo­p oor 5 km van links: Gradwill Scheepers (2de), JC Farmer (wenner) en Bradcio Bredenkamp (3de).
Die wenners in die manswedloo­p oor 5 km van links: Gradwill Scheepers (2de), JC Farmer (wenner) en Bradcio Bredenkamp (3de).
 ??  ??
 ??  ?? In die 5 km-wedloop vir vroue het die drie skoonskip gemaak. Van links: Tonya Schoeman van Hartenbos Drawwers (2de), Christoliq­ue McNeil (wenner) en Ronelda Velem (3de).
In die 5 km-wedloop vir vroue het die drie skoonskip gemaak. Van links: Tonya Schoeman van Hartenbos Drawwers (2de), Christoliq­ue McNeil (wenner) en Ronelda Velem (3de).
 ??  ?? Die Olimpiese atleet Elroy Gelant, ‘n boorling van Pacaltsdor­p, was die tweede man oor die eindstreep in die 10 km-wedloop.
Die Olimpiese atleet Elroy Gelant, ‘n boorling van Pacaltsdor­p, was die tweede man oor die eindstreep in die 10 km-wedloop.
 ??  ?? Mziyanda Kindili (Grashopper Outeniqua Harriers)
Mziyanda Kindili (Grashopper Outeniqua Harriers)
 ??  ??
 ??  ?? Mauritz Jansen van Rensburg (Grasshoppe­r Outeniqua Harriers)
Mauritz Jansen van Rensburg (Grasshoppe­r Outeniqua Harriers)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa