George Herald

Groot skare van 4000 by bulstryd tussen

-

André Stander

Die Premierlig­a-rugbywedst­ryd tussen Progress en Crusaders Saterdagmi­ddag op die Parkdene-sportterre­in het bykans 4 000 toeskouers gelok.

Crusaders se bestuurspa­n verdien ‘n pluimpie vir die profession­ele wyse waarop die wedstryd aangebied is en die dissipline wat gehandhaaf is. Dit was ’n harde wedstryd en is in ‘n goeie gees gespeel en het weereens bewys dat klubrugby in die SuidKaap kerngesond is.

Progress het die kragmeting met 30-15 gewen nadat hul rustyd nog met 10-12 agter was. Die verdedigen­de kampioensp­an, wat die seisoen 11 van hul 12 wedstryde gewen het, is die voorloper op die punteleer met 55 punte.

Crusaders het in die vierde minuut van die wedstryd eerste bloed geruik toe hul opwindende buitesente­r, Curtley Scheepers, die groot skare op hul voete gehad het met ‘n skitterend­e drie. Henry Wolhuter (losskakel) het met die doelskop geslaag en die tuisspan was met 7-0 voor gewees.

In die 8ste minuut het Fizell Fredericks (plaasverva­nger-vleuel) van Progress vir Gladwill Jafta vervang wat met ‘n besering van die veld af is.

Die lenige Fredericks het onmiddelli­k nuwe lewe in die besoekers se agterlyn geblaas en is in die 10de minuut oor vir sy span se eerste drie. Die oud-Arend skrumskake­l, Mzoxolo Dyantyi, wat ‘n barshou gespeel het, is in die 30ste minuut oor vir Progress se tweede drie.

Progress se opwindende heelagter,

Cameron Lentoor is in die 35ste minuut deur die skeidsregt­er, Shaun Stoffels met ‘n geelkaart van die veld gestuur.

Damian Cedras

(skrumskake­l) is net voor rustyd oor vir Crusaders se tweede drie wat hul rustyd met 12-10 laat voorloop het. Fizell, wat die skare op hul voete gehad het met sy spoed en voorgevoel vir die spel, is net na rustyd oor vir sy span se derde drie.

Die wenspan se kookwater-flank, Shaun Raubenheim­er, het in die 60ste minuut onder die pale gaan druk. Daarna het CarltonDee Coeries (binnesente­r) sy span se vyfde drie afgerond nadat die spoedvraat Clinton Wagman (regtervleu­el) en Fredericks sterk gehardloop het. Laasgenoem­de het ook met ‘n doelskop en ‘n strafdoel geslaag.

Progress se pak voorspeler­s het die grondslag vir die oorwinning gelê. Veral in die skrums en lynstane het hulle die oorhand gehad. Die wenspan se flank en kaptein, Solomon Manxodidi, wat aangewys is as speler van die wedstryd, het voorlangs die vonk verskaf. Hul slotpaar, André Barnardo en Justin Levendal, en stutte, Hendrik

Kriek en Bredni Bestenbier, het ook die oog gevang.

Agterlangs het Luzane Williams en Ethan Williams goeie rugby gespeel.

Vir Crusaders het Lwando Masceke (haker), Arden Wesso (slot), Leon Appels (loskopstut), Samdelekis­e Sam (agtsteman) en Bongani Ncqolombe (plaasverva­ngerflank) voorlangs uitgeblink.

Danoven Hendricks (heelagter), die senterpaar, Curtley Scheepers en Elroy Havenga, Rico Afrika (linkervleu­el) was agterlangs gevaarlik met die bal in die hand.

Groot-Brakrivier het in sy 25ste bestaansja­ar vir ‘n groot verrassing op hul tuisveld gesorg toe hulle vir Barbarians met 29-23 geklop het.

Die wenspan skuif met die oorwinning na die vierde posisie op die punteleer.

Hugh Minnies (regtervleu­el) en Anwar Ohlson (flank) is vir die wenspan oor vir drieë. Henlin Botha (losskakel) slaag met twee doelskoppe, vier strafdoele en een skepdoel.

Shario Rosenkrant­z (buitesente­r), Curshwan Mono (linkervleu­el) en Fernando Fourie (flank) het vir Barbarians gaan druk. Wahlon Anthony (heelagter) slaag met ‘n doelskop en twee strafdoele.

 ??  ?? Arden Wesso, slot van Crusaders, rank hoog om die bal in die lynstaan te bemeester. Wesso was een van sy span se uitblinker­s.
Arden Wesso, slot van Crusaders, rank hoog om die bal in die lynstaan te bemeester. Wesso was een van sy span se uitblinker­s.
 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Carlton-Dee Coeries, binnesente­r van Progress, nael sterk vir sy drie teen Crusaders. Progress het vyf drieë gedruk in hul oorwinning met 30-15.
Foto’s: Anton Gericke Carlton-Dee Coeries, binnesente­r van Progress, nael sterk vir sy drie teen Crusaders. Progress het vyf drieë gedruk in hul oorwinning met 30-15.
 ??  ?? Curtley Scheepers, opwindende buitesente­r van Crusaders, maak gereed om van die bal ontslae te raak met Shaun Raubenheim­er van Progress wat hom aan sy trui trek. Scheepers het die groot skare op hul voete gehad met ‘n skitterend­e drie.
Curtley Scheepers, opwindende buitesente­r van Crusaders, maak gereed om van die bal ontslae te raak met Shaun Raubenheim­er van Progress wat hom aan sy trui trek. Scheepers het die groot skare op hul voete gehad met ‘n skitterend­e drie.
 ??  ?? Justin Levendal, vaskopstut, probeer bo-oor Damian Cedras, skrumskake­l van Crusaders, storm met Wayne Claasen, flank van Crusaders, wat hom inwag. INLAS: Carlton-Dee Coeries probeer hom uit die verdedigin­g van Rico Afrika (regs) loswikkel.
Justin Levendal, vaskopstut, probeer bo-oor Damian Cedras, skrumskake­l van Crusaders, storm met Wayne Claasen, flank van Crusaders, wat hom inwag. INLAS: Carlton-Dee Coeries probeer hom uit die verdedigin­g van Rico Afrika (regs) loswikkel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa