George Herald

Minnie se gedigte bring hoop vir depressiel­yers

- Pauline Lourens

Kobus Minnie 'n inwoner van Oudtshoorn wat tans behandelin­g ontvang vir depressie in die Mediclinic George se neuroklini­ek, is bly dat twee van sy gedigte opgeneem is in die digbundel SA Digters - Simfonie van die see. Die boek is onlangs bekendgest­el in Wordsworth se tak in die Garden Route Mall.

Hy wil graag 'n boodskap van hoop bring aan ander depressiel­yers en is van plan om 'n ondersteun­ingsgroep te begin vir mense wat eensaam is en op moedverloo­r se vlakte is.

Die man, wat al as 'n eiendomsag­ent en as verpleër in 'n hospitaal gewerk het, is op vroeë-aftrede geplaas nadat hy twee breinbeser­ings opgedoen het terwyl hy by die departemen­t van korrektiew­e dienste (DKD) gewerk het. Hy het 'n breinbeser­ing opgedoen toe 'n gevangene hom aangerand het en dit het sy korttermyn­geheue aangetas.

Hy vertel: "Ek skryf al van my skooldae af, maar dit was toe meer net vir myself. Ek het nie gedink dis goed genoeg vir ander nie. Toe het ek net moed bymekaar geskraap en my werke (gedigte, kortverhal­e, kinderverh­ale en radiodrama­s) ingestuur. Sodoende is 'n kinderverh­aal van my in Taalgenoot (2000) gepublisee­r en 'n Kersspel en Paasspele opgevoer wat ek geskryf het. Buiten die digbundel, SA Digters - Simfonie van die see is twee van my gedigte gekeur vir AVBOB se nuutste digbundel.

"Verder pos ek van my gedigte op Facebook. Ek dig meestal oor hartsake soos die gemoed van 'n depressiel­yer (ek ly aan chroniese depressie as gevolg van die breinbeser­ings) om sodoende mense daar buite te bereik wat dieselfde deurgaan as ek. Al my kinderverh­ale en ander verhale het ook normaalweg 'n lewensles in.

"Die skrywery is beslis terapeutie­s en is bevoorreg dat ek 'n mediese fonds het daar is soveel mense wat nie kan gaan vir behandelin­g vir depressie nie."

As daar lesers is wat belangstel in die totstandko­ming van 'n ondersteun­ingsgroep vir depressiel­yers kan hulle vir Kobus bereik by kobusminni­e99@gmail.com.

 ??  ?? Oudtshoorn-skrywer Kobus Minnie is trots om twee van sy gedigte opgeneem te kry in die digbundel SA Digters - Simfonie van die see. Die boek is onlangs bekendgest­el in Wordsworth se tak in die Garden Route Mall. By hom is takbestuur­der Christa Jackson.
Oudtshoorn-skrywer Kobus Minnie is trots om twee van sy gedigte opgeneem te kry in die digbundel SA Digters - Simfonie van die see. Die boek is onlangs bekendgest­el in Wordsworth se tak in die Garden Route Mall. By hom is takbestuur­der Christa Jackson.
 ??  ?? Forget rock; let’s Gqum!
Forget rock; let’s Gqum!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa