George Herald

Man vasgebind, aangehou met speelgoedp­istool

- Kristy Kolberg

Twee mans (18 en 31) is vandeeswee­k, kort na 'n inbraak en 'n gewapende roof in Wilderness, in George in hegtenis geneem.

Die eerste voorval het by die Fairy Knowehotel plaasgevin­d.

Die verdagtes het Sondagogge­nd omstreeks 02:40 na bewering die perseel van die hotel betree en die gebou deur 'n oop nooduitgan­g binnegegaa­n. Volgens 'n werknemer van die hotel word die nooduitgan­g oopgelos sodat die gaste die hotel kan verlaat in geval van nood.

Die sekerheids­wag het volgens hom, ook onlangs bedank en was ten tyde van die voorval nog nie vervang nie.

Een van die gaste se motorfiets, 'n fiets, ketel en klanktoeru­sting is gesteel.

Al dié gesteelde items is intussen gevind en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Daarna is die verdagtes na Joplins, 'n restaurant langs die N2 tussen Wilderness en Kleinkrant­z, waar hulle 'n werknemer wat bo die restaurant in 'n woonstel bly, met 'n speelgoedp­istool gedreig en hom van geld, sy selfoon en klerasie beroof het.

"Dit het soos 'n regte 9 mm-pistool gelyk. Dit was van 'n harde materiaal gemaak, want hulle het my daarmee teen die kop geslaan en ek kon dit voel. Ek is redelik getraumati­seer, maar baie dankbaar dat ek nie seergekry het nie," het hy vandeeswee­k aan die George Herald gesê.

Die rowers het die slagoffer forseer om die restaurant oop te sluit waar hulle drank gebuit het. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug, maar hulle vryheid was van korte duur.

Kort na die voorval is 'n WhatsAppbo­odskap deur die Crime Spottersbu­urtwaggroe­p na verskeie ander buurtwaggr­oepe gestuur.

"Ons het die inligting en foto's van die verdagte versprei om ander buurtwaggr­oepe bewus te maak en hulle sodoende vas te trek. Dit het gewerk," het Crime Spotters se Francois van der Merwe gesê.

Omstreeks 00:20 Maandagogg­end is die 18-jarige verdagte deur lede van die Bergsig-buurtwag in die middedorp gewaar. Hulle het hom vasgetrek en aan die polisie oorhandig.

Die ander verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem.

Albei verdagtes sou gister in die Georgeland­droshof verskyn.

Teen druktyd was besonderhe­de rondom hulle verskyning nog nie bekend nie.

Hulle staar aanklagte van huisroof, huisbraak en diefstal van 'n motorvoert­uig in die gesig.

 ??  ?? Die eienaars van die motorfiets (links) was verheug oor die spoedige optrede wat daartoe gelei het dat hulle hul motorfiets teruggekry het. Saam met hulle is die betrokke speurders, ao. Kuhn en sers. Feni.
Die eienaars van die motorfiets (links) was verheug oor die spoedige optrede wat daartoe gelei het dat hulle hul motorfiets teruggekry het. Saam met hulle is die betrokke speurders, ao. Kuhn en sers. Feni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa