Ka­to­lie­ke Kerk groet bis­kop

George Herald - - News -

Pous Fran­cis­kus, hoof van die Ka­to­lie­ke Kerk, het Maan­dag 2 Ju­lie die be­dan­king van Fran­cis­co de Gou­veia, bis­kop van Oudts­hoorn, aan­vaar op grond van ge­sond­heids­re­des.

De Gou­veia lê sy amp neer as lei­er van die Ka­to­lie­ke Kerk in die E­den-, Ka­roo- en Wyn­land­dis­trik­te vir die af­ge­lo­pe agt jaar. Hy is in Mei 2010 deur die pous aan­ge­stel as bis­kop van Oudts­hoorn.

In ’n ver­kla­ring van die voor­sit­ter van die Sui­derA­fri­kaan­se Ka­to­lie­ke Bis­kop­pe­kon­fe­ren­sie sê aarts­bis­kop S­te­ven B­ris­lin van Kaap­stad die pro­ses om ’n nu­we bis­kop aan te stel sal bin­ne­kort be­gin, maar kan ’n tyd­jie neem.

In­tus­sen word die Ka­to­lie­ke Kerk in die streek be­stuur deur va­der John At­kin­son van Ge­or­ge, wat as ad­mi­nis­tra­teur van die bis­dom sal waar­neem tot 'n nu­we bis­kop aan­ge­stel is.

At­kin­son is ’n boor­ling van Oudts­hoorn en het se­dert sy pries­ter­wy­ding op S­wel­len­dam, Knys­na, Mos­sel­baai en Ge­or­ge ge­werk. - En­ri­co Par­ry

Fran­cis­co de Gou­veia, bis­kop van Oudts­hoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.