Die her­win­ning­saak

George Herald - - Briewe | Letters -

J Be­zui­den­hout, Ge­or­ge-Oos:

Die her­win­ning (blou­sak­ke) is nie op Vry­dag 29 Ju­nie en 6 Ju­lie in Ge­or­ge-Oos ver­wy­der nie. Dit het 'n pro­bleem ge­skep toe ver­skeie in­wo­ners nie die sak­ke te­rug in hul er­we ge­neem het nie en die sterk wind wat die week ge­volg het.

Ek per­soon­lik het 'n groot taak ge­had om die vul­lis in die straat waar ek woon, uit die ver­flen­ter­de sak­ke op te tel. (Sou die wer­kers hul dalk daar­in ver­lek­ker het?)

Ek is deur 'n amp­te­naar van die mu­ni­si­pa­li­teit op die 26ste in­ge­lig dat dit wel la­ter op die 26ste op­ge­tel sal word, wat nie ge­beur het nie.

Op die 5de is ek in­ge­lig dat die wer­kers wei­er om dit op te tel, want daar is 'n dis­puut ver­klaar om­dat hul nou meer sak­ke moet op­tel. Die vraag is of hul aan­ge­bied het om 'n ver­la­ging van loon te aan­vaar toe die her­win­nings­ak­sie in wer­king ge­stel is en hul min­der sak­ke moes op­laai? My op­tre­de gaan wees om maar al­les in swart sak­ke te plaas.

Ge­or­ge-mu­ni­si­pa­li­teit be­stuur­der ge­meen­skaps­diens­te, Wal­ter Hen­dricks:

Die Ge­or­ge-mu­ni­si­pa­li­teit be­ves­tig dat blou en deur­sky­nen­de sak­ke waar­in her­win­ba­re ma­te­ri­a­le is, steeds deur die mu­ni­si­pa­li­teit op­ge­tel word, maar met an­der ti­pe trok­ke om sor­te­ring te ver­ge­mak­lik. Dit vind op die­self­de ske­du­le plaas - dus op die­self­de dag as waar­op an­der vul­lis ver­wy­der word, maar nie nood­wen­dig op die­self­de tyd nie. Die oor­ska­ke­ling gaan on­ge­luk­kig ge­paard met ‘n paar haak­plek­ke en die mu­ni­si­pa­li­teit pro­beer om dit so gou moont­lik uit te sor­teer. Ons vra om ver­sko­ning vir die on­ge­rief en be­dank die pu­bliek wat help om paaie net­jies en skoon te hou - ons glo die si­tu­a­sie is net ty­de­lik en sal op­ge­los word. Die ten­der om ‘n nu­we diens­ver­skaf­fer aan te stel het reeds be­gin. In­dien u sak­ke nie op­ge­tel is nie, kan u dit aan­meld by 044 802 2900 of, in­dien moont­lik, te­rug­hou en net weer die vol­gen­de week uit­sit. Die mu­ni­si­pa­li­teit wil graag mo­men­tum be­hou met ‘n ge­meen­skap wat wil her­win en hoop om so gou moont­lik die vol­le diens te kan le­wer. In­wo­ners wat in die in­te­rim wil en kan her­win, kan blou of deur­sky­nen­de sak­ke pri­vaat aan­koop by Tuin­roe­te A­gri (R25 vir ‘n pak van 20) of by Plas­ti­cs for A­fri­ca (R60 vir ‘n pak van 20).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.