Me­te­lerk­amp be­skryf Ing­rid Jon­ker se le­we met em­pa­tie

George Herald - - Kuns & Vermaak - Sa­let­te Cloe­te Sien vi­deo by www.ge­or­ge­he­rald.com

Al die on­be­ant­woor­de vrae oor die dig­ter Ing­rid Jon­ker en haar le­we word on­der­soek in die nu­we vol­le­di­ge bi­o­gra­fie oor haar le­we. Die bi­o­graaf, Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp, het Sa­ter­dag by die Ge­or­ge-bi­bli­o­teek 'n groep vroue toe­ge­spreek oor die bi­o­gra­fie en die skryf­pro­ses. Die vroue het be­hoor­lik aan haar lip­pe ge­hang. Hier­die is Me­te­lerk­amp se der­de en mees om­vat­ten­de boek oor Jon­ker. Sy het die af­ge­lo­pe 24 jaar na­vor­sing oor Jon­ker se le­we, lief­des en dood ge­doen.

Sy be­skryf die dig­ter se ge­skie­de­nis en ver­dui­de­lik dat daar diep­gaan­de siel­kun­di­ge re­des was vir die be­gaaf­de dig­ter se de­pres­sie, as­ook haar lief­des­ver­hou­dings met die skry­wers Jack Co­pe en An­dré P. B­rink.

"Die Hol­lan­ders sê die boek is 'uit­put­tend'. Met 430 blad­sye kan dit se­ker so wees, maar al­les wat 'n le­ser wil weet, word aan­ge­spreek in hier­die boek," sê sy. Sy dink nie daar is 'n per­soon wat vir Ing­rid Jon­ker ge­ken het vir wie sy nie pro­beer kon­tak het nie. Met­lerk­amp sê sy ag haar­self ge­luk­kig dat meer as een hul ja­re lan­ge stil­swye ge­breek het om met haar oor Jon­ker te praat.

Jon­ker se le­we het 'n reu­seim­pak op haar ge­had. "Ons lees om ons­self te ver­staan," sê Me­te­lerk­amp. "Selfs 'n kort, lig­te lief­des­ver­haal het op een of an­der ma­nier 'n in­vloed en help ons om ons­self be­ter te ver­staan."

Sy sê dat haar ont­dek­kings­reis rond­om Jon­ker se le­we 'n in­vloed het op die be­slui­te wat sy neem. Soos sy ge­vor­der het met die na­vor­sing, het haar klem ver­skuif van blo­te nuus­kie­rig­heid tot em­pa­tie met hier­die be­gaaf­de, dog "on­ge­ba­lan­seer­de" vrou.

Me­te­lerk­amp is ver­lig dat sy die hoof­stuk oor Ing­rid Jon­ker nou kan af­sluit. Sy het 'n he­le paar an­der pro­jek­te waar­na sy uit­sien, waar­on­der die om­skry­wing van haar dra­ma oor 'n wal­vis­vrou in bi­o­gra­fie-vorm, 'n ou­to­bi­o­gra­fie­se boek oor hoe haar eie le­we be­ïn­vloed is deur haar kin­der­ja­re en haar ou­er­huis, en 'n "heer­li­ke" ro­man.

Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp met haar der­de en laas­te boek oor die be­gaaf­de dig­ter Ing­rid Jon­ker - ‘n vol­le­di­ge bi­o­gra­fie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.