Groot borg­skap vir 3D-boog­skut­ter

George Herald - - Sport -

San­lam Pri­vaat Wel­vaart in Ge­or­ge het aan­ge­kon­dig dat hy die plaas­li­ke 3D-boog­skut­ter, Hen­no Kru­ger, gaan borg. Kru­ger het pas sy Pro­te­ak­leu­re ver­werf en gaan Suid-A­fri­ka van 9 tot 12 Au­gus­tus by die IBO (In­ter­na­si­o­na­le boog­skut­ter­or­ga­ni­sa­sie) 3D. Wê­reld­boog­skiet­kam­pi­oen­skap­pe by S­nows­hoe Moun­tain in West Vi­r­gi­nia ver­teen­woor­dig.

Dié wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe is 'n ge­leent­heid om met die bes­te skuts ter wê­reld mee te ding en ook om te gaan kers op­steek oor hoe dit in A­me­ri­ka ge­doen word.

By­kans 1 200 boog­skut­ters van tien lan­de sal daar in ak­sie wees. 3D-boog­skiet is die groot­ste me­de­din­gen­de boog­skiet­sport in die wê­reld en is plaas­lik en ook in­ter­na­si­o­naal een van die vin­nig groei­end­ste sport­soor­te.

In Suid-A­fri­ka word 3D-boog­skiet deur 3D Tar­get SA be­stuur en ge­or­ga­ni­seer. Hul­le is ook by die IBO ge­af­fi­li­eer.

Die plaas­li­ke por­te­feul­je­be­stuur­ders van San­lam Pri­vaat Wel­vaart is van me­ning dat plaas­li­ke sport­lui wat in­ter­na­si­o­naal kan mee­ding die no­di­ge on­der­steu­ning van die sa­ke­ge­meen­skap ver­dien en hul­le moe­dig an­der sa­ke­lui aan om die­self­de te doen.

Fo­to: Dei­d­re Ka­chel­hof­fer

Die plaas­li­ke 3D-boog­skut­ter, Hen­no Kru­ger (mid­del), gaan deur San­lam Pri­vaat Wel­vaart in Ge­or­ge ge­borg word. By die aan­kon­di­ging van dié borg­skap Maan­dag was van links: dr. An­ton Be­low, Ko­bus Huysa­men, Hen­no Kru­ger, Jo­han S­mit en Jo­hann S­choltz, al­mal por­te­feu­el­je­be­stuur­ders by San­lam Pri­vaat Wel­vaart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.