George Herald

Tittie Henna vier 102de verjaarsda­g

- Brümilda Swartbooi

Johanna Carolus, algemeen bekend as Tittie Henna en die oudste inwoner in George, het verlede Donderdag 26 Julie, haar 102de verjaarsda­g saam met vriende en familie by haar huis in Blanco gevier.

Carolus het verlede jaar in November by haar splinternu­we huis in Vloedstraa­t ingetrek nadat die Wes-Kaapse minister van behuising, Bonginkosi Madikizela, sy belofte van 'n nuwe huis aan haar nagekom het. Carolus woon al haar hele lewe in Blanco.

'n Partytjie is deur George-munisipali­teit gereël en sy was die middelpunt van aandag met haar pienk jas en 'n kroon op haar kop.

Familie en vriende het hul stories oor Johanna gedeel met Eva Carolus, haar jongste suster, wat vertel het dat 'n jonger Johanna baie streng was.

"Sy was gefokus op eksie-perfeksie, hardwerken­d en het tot 80 jaar oud nog hout uit die bos gedra."

Muriel de Villiers, Johanna en haar seun Ronald (74) se versorger, sê Carolus is al vir 52 jaar in haar sorg. Tydens die partytjie is dit duidelik dat Carolus geheg is aan Muriel. Wanneer Muriel nie in sig is nie, roep Carolus haar.

Muriel sê Carolus is lief vir 'n koppie koffie en vleis. Wanneer daar nie vleis in haar bord is nie vra sy, "Waar is my vleis?" Sy sê Carolus het ’n goeie aptyt. Tydens 'n stil oomblik vra sy kliphard, "Is daar nie 'n stukkie patat nie?"

George-burgemeest­er, Melvin Naik, en wyksraadsl­id Jean Syfers, het ook die partytjie bygewoon. Naik het die familie, vriende en organiseer­ders bedank vir hulle teenwoordi­gheid.

Sy was gefokus op eksie-perfeksie, hardwerken­d en het tot 80 jaar oud nog hout uit die bos gedra.

 ??  ?? Johanna Carolus, beter bekend as Tittie Henna, was die middelpunt van aandag met haar pienk jas en ‘n kroon op haar kop. Carolus hou van haar koffie.
Sien nog foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com
Johanna Carolus, beter bekend as Tittie Henna, was die middelpunt van aandag met haar pienk jas en ‘n kroon op haar kop. Carolus hou van haar koffie. Sien nog foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com
 ??  ?? George-munisipali­teit se geslags- en gestremdhe­idspan van gemeenskap­sontwikkel­ing verteenwoo­rdigers saam met Carolus. Foto’s: Brümilda Swartbooi
George-munisipali­teit se geslags- en gestremdhe­idspan van gemeenskap­sontwikkel­ing verteenwoo­rdigers saam met Carolus. Foto’s: Brümilda Swartbooi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa