George Herald

Perde gevind kort na diefstal

- Kristy Kolberg

Twee mans (27 en 33) van Golden Valley in Blanco is Dinsdagogg­end 31 Augustus deur die George-polisie in hegtenis geneem ná twee perde die vorige dag van 'n kleinhoewe in Maitlandst­raat gesteel is. Die diefstal het omstreeks 02:00 Maandagogg­end plaasgevin­d.

Volgens Linda Squair, die eienaar van die perde, het die perde gelukkig geen beserings opgedoen nie en lyk op die oog af ongeskaad.

Hulle is egter twee van haar kwesbaarst­e perde. "Een van hulle is reeds 20 jaar oud. Die ander een is my dogter se vierjarige perd waarop ek nog nie eers ry nie, want ek is bang ek is te swaar vir haar. Nou het twee volwasse mans die arme ding dwarsdeur die nag gery," sê sy.

Albei was ook in hulle tweede week van perdesiekt­e-inentings. Gedurende dié tydperk is dit lewensgeva­arlik vir perde om enige strawwe oefening te doen.

Squair het Maandagogg­end omstreeks 07:30 agtergekom die perde is gesteel. "Al twee was weg uit die trop en die drade was geknip."

Die viervoetig­es is later in Blanco, deur Andrea Auerbach, 'n leerlingin­spekteur by die DBV, gevind toe sy op pad werk toe was. Sy het die perde en die verdagte ruiters gewaar, maar toe sy stop en hulle konfrontee­r het hulle van die perde afgespring en weggehardl­oop. Die twee is later deur die gemeenskap uitgewys en in hegtenis geneem. Hulle sal eersdaags in die Georgeland­droshof verskyn.

Volgens Wendy Jones, 'n woordvoerd­er van die Tuinroete DBV, is dit die tweede keer in drie weke dat perde in die Blanco-gebied gesteel word. ’n Saak van dieremisha­ndeling is by die polisie aanhangig gemaak en die mans sal eersdaags in die George-landdrosho­f verskyn.

Jones sê die DBV moet gekontak word indien verdagte gedrag rondom perde of mense wat perde met tuisgemaak­te toerusting ry, opgemerk word.

Mense kan verdagte optrede by die DBV in George aanmeld by 044 878 1990/3.

 ??  ?? Squair se perde is onder in Maitlandst­raat gevind en aan haar terugbesor­g. INLAS: ‘n Tuisgemaak­te toom wat gebruik is om die perde te beheer.
Squair se perde is onder in Maitlandst­raat gevind en aan haar terugbesor­g. INLAS: ‘n Tuisgemaak­te toom wat gebruik is om die perde te beheer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa