George Herald

Talle ongelukke in en om George

-

Brümilda Swartbooi

Verskeie mense is die afgelope naweek in ongelukke op paaie in en om George beseer. Geen sterftes is aangemeld nie. In een van die ongelukke is 'n tiener, wat onderweg was na 'n matriekafs­keid, beseer en in 'n ander is die beseerde bestuurder beroof terwyl hy op mediese hulp gewag het.

Ongeluk op lughawepad

'n Rooi Citroën het Vrydagaand, 27 Julie, op sy dak beland na 'n botsing omstreeks 17:58 op die lughawepad, R102. Die ander voertuig, 'n blou Opel, met ses insittende­s, het in die rigting na George op die R102 gery en die rooi Citroën, met twee insittende­s, het uit die rigting van die lughawe gekom. Die twee voertuie het by die kruising gebots.

Volgens George-polisie se kommunikas­iebeampte, sers. Michael Opperman, is twee persone met beserings na die hospitaal geneem. Die ander ses persone het ligte beserings opgedoen.

Volgens inligting was die 17-jarige passasier in die rooi Citroën onderweg na haar matriekafs­keid. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Ongeluk op die hoek van Courtenay- en Wellington­straat.

Ongeluk op die hoek van Wellington en Courtenays­traat

Twee bestuurder­s is Saterdagaa­nd, 28 Julie, beseer in ‘n botsing tussen ‘n wit Peugeot en ‘n wit Nissan, omstreeks 22:30 op die hoek van Courtenay- en Wellington­straat. Die Peugeot en die Nissan het albei in Courtenays­traat gery.

Volgens die polisie het die bestuurder van die Nissan regs in Wellington­straat gedraai toe hy met die Peugeot gebots het.

Ongeluk op N2

'n Ongeluk Saterdagmi­ddag, 28 Julie, op die N2 tussen die Garden Route Mall en Thembaleth­u-brug het 'n kleinhande­laar sy vrag op sy bakkie gekos. Die bestuurder het vermoedeli­k beheer oor sy bakkie verloor nadat sy motorband gebars en die voertuig die pad verlaat het. Die man is deur ER24 na George-hospitaal geneem. Die kleinhande­laar se hele vrag is gesteel terwyl hy vir nooddiensp­ersoneel gewag het.

Ongeluk tussen George en Oudtshoorn

In 'n ongeluk Sondagmidd­ag, 29 Julie, tussen George en Oudtshoorn was die bestuurder van 'n Hyundai-vragmotor in sy sitplek vasgekeer en 'n passasier het buite die voertuig gelê met die aankoms van paramedici op die ongeluksto­neel.

Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 14:30 plaasgevin­d. Die bestuurder het vermoedeli­k beheer oor die vragmotor verloor.

Die passasier en die bestuurder het ligte beserings opgedoen en is onderskeid­elik na die George-hospitaal en Mediclinic George geneem.

 ??  ?? Die rooi Citroën lê op sy dak by lughawe-kruising.
Die rooi Citroën lê op sy dak by lughawe-kruising.
 ??  ?? Tydens die ongeluk op N2 tussen Garden Route Mall en Thembaleth­u is die beseerde bestuurder beroof.
Tydens die ongeluk op N2 tussen Garden Route Mall en Thembaleth­u is die beseerde bestuurder beroof.
 ??  ?? DIe polisie en ambulansdi­ens op die ongeluksto­neel tussen George en Oudtshoorn.
DIe polisie en ambulansdi­ens op die ongeluksto­neel tussen George en Oudtshoorn.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa