George Herald

Kom vier ’n dekade van Klein Karoo Klassique

-

Klein Karoo Klassique (9 tot 12 Augustus) vier vanjaar ’n dekade van klassieke musiek, kuns, kos en wyn op Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Die musiekprog­ram word daagliks by Die Windpomp Restaurant afgesluit, met intieme musiekoptr­edes in verskeie musiekstyl­e.

Die program in Die Windpomp Restaurant word op Donderdag 9 Augustus om 21:00 deur die viool-duo van Ellani de Jager en Donné de Kock, oftewel The Grey, geopen.

Hierdie dramatiese vioolduo het reeds landwyd kompetisie­s gewen en in Duitsland, Switserlan­d, Oostenryk en Namibië opgetree.

Hulle musiek word gekenmerk deur ’n vermenging van oud en nuut, met klassieke musiek uit ’n wye reeks genres, waaronder pop, rock en ballades.

Op Vrydag 10 Augustus om 21:00 keer Brathew van Schalkwyk (klavier), Jesse Julies (saksofoon en sang) en Naledi Masilo (sang) terug na Klassique vir Another Evening of Jazz. Feesganger­s kan uitsien na ’n splinternu­we jazz-program met ’n vermenging van tradisione­le jazz en meer kontemporê­re interpreta­sies.

José Dias (klavier) voltooi die program in Die Windpomp op Saterdag 11 Augustus om 21:00 met een van die belangriks­te klavier-meesterstu­kke,

24 Preludes Op.28, Frédéric Chopin. Die gehoor ervaar ’n stormagtig­e, romantiese en fantasties­e reeks van onvergeetl­ike musikale sketse.

Kaartjies

“Kaartjies vir die optredes in Die Windpomp Restaurant kos R90 en het verlede jaar blitsvinni­g uitverkoop. Feesganger­s moet hul kaartjies vroegtydig bespreek, aangesien sitplek beperk is,” sê Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, aanbieder van Klein Karoo Klassique. Volgens Theart is kaartjies vir hierdie drie optredes slegs by Kunste Onbeperk se kantoor in Die Neelsie (Jan van Riebeeckwe­g 217, Oudtshoorn) of telefonies by 044 203 8600 beskikbaar.

Aandetes

Theart voeg by dat heerlike aandetes saam met dié vertonings geniet kan word. “Aandete word saans vanaf 19:00 bedien. Kaartjies na die vertonings, sluit nie aandete in nie.

Die volledige spyskaart is by Kunste Onbeperk se kantoor beskikbaar, waar bespreking­s vir etes ook gedoen kan word.” Theart sê verder hoewel voorafbesp­rekings vir aandete aanbeveel word, is dit nie noodsaakli­k nie. Die optredes is in die Windpomp Restaurant by NG Moederkerk se CJVkomplek­s hoeke van Kerk-, Hoog- en Adderleyst­raat Oudtshoorn.

 ??  ??
 ??  ?? The Grey die viool-duo van Ellani de Jager en Donné de Kock tree op by die openingsaa­nd van die Klein Karoo Klassique op Donderdag 9 Augustus om 21:00 by Die Windpomp Restaurant (Absa-saal).
The Grey die viool-duo van Ellani de Jager en Donné de Kock tree op by die openingsaa­nd van die Klein Karoo Klassique op Donderdag 9 Augustus om 21:00 by Die Windpomp Restaurant (Absa-saal).
 ??  ?? Die Klein Karoo Klassique vind vanjaar vanaf 9 tot 12 Augustus in Oudtshoorn plaas. Suid-Afrika se top klassieke kunstenaar­s tree op - vir meer besoek www.kunste.org.za.
Die Klein Karoo Klassique vind vanjaar vanaf 9 tot 12 Augustus in Oudtshoorn plaas. Suid-Afrika se top klassieke kunstenaar­s tree op - vir meer besoek www.kunste.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa