George Herald

Die bestuur van ons dorp

-

Tinus Nortje, Afriforum: omgewingsa­ke:

Ons as belastingb­etalers sal moet betrokke raak by ons dorpsbestu­ur deur ons oë en ore oop te hou. Daar word vir jare al gekla in die koerante oor ons bome wat so doodgaan. Kommentaar is gelewer sonder om te kyk wat die oorsaak is. Nou het elke dooie boom 'n bord op vir waarskuwin­g.

Ons sal ook betrokke moet raak by die besmette riviere wat ons dorpsdam voed.

Met die jongste watermonst­er is die E. coli besmetting se telling 28 000.

Ons kinders speel in die rivier en dam en dis ook 'n visvangple­k.

As iemand met daardie water in aanraking kom met 'n wond, kan dit ernstige gevolge hê.

Onthou wat het in die besmette Kaaimansri­vier gebeur 'n paar jaar gelede.

Op Saterdag 21 Julie om 12:00 is die rioolpomps­tasie by Dikkoplaan weer oopgedraai in die dam in. Die rioolpype langs die Mitchellri­vier oorstroom gereeld by die mangate of die pyp bars en loop in die rivier terug in die dam in. Ons weet dat die water skoongemaa­k word, maar die besoedelin­g voor die skoonmaakp­roses is lewensgeva­arlik vir die publiek. Die kariba weed is reeds in ons dorpsdam en dit is ook al in die meregebied opgemerk.

Die plante groei net in rioolbesme­tte gebiede. Die riviere is toegegroei en belemmer die watervloei na die dam.

Ons as belastingb­etalers kan gerus gaan kyk hoe lyk die rivier en die oewer van die rivier by 11de Laan in Denneoord asook die rivier by Dikkoplaan, en om te dink dis ons drinkwater. By die pompstasie, waar die water skoongemaa­k word, spoel die vuil besmette water weer terug in die rivier en eindig weer in die dorpsdam.

Wonder of dit wettig is en of word dit net in George gedoen. Indien daar nie verbeterin­gs kom nie, sal ons belastingb­etalers die belasting wat gehef word op riolering en water terughou in 'n trustreken­ing om daardie fondse te gebruik vir die opgraderin­g van die rioolstels­el en ander gesondheid­sgevare.

Iewers moet opgetree word, kom ondersteun ons. Daar is reeds 'n komitee gestig deur ‘Vriende van die riviere’. Kom ondersteun ons daar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa