George Herald

Dié dansers sit gewis om dieselfde vuur

-

'n Aand van gedeelde vreugde, musiek, woorde en beweging. 'n Aand wat weereens bewys dat hulle wat musiek, woorde en beweging verstaan en deel, almal om dieselfde vuur sit. Om dieselfde vuur

was 'n gesamentli­ke produksie deur Hoërskool Outeniqua se dansdepart­ement en The Dance Academies Studio-groep (ODA), die skool se dansvennoo­t.

Die drie vertonings oor die naweek is entoesiast­ies ondersteun en die gehoor het hulself passievol by die vertoning ingeleef en die dansers deurentyd geesdrifti­g aangemoedi­g. Die dansers was oorwegend leerders vanuit verskillen­de skole in George vir wie dans deel van hul kurrikulum is of wat dans as buitemuurs­e aktiwiteit neem. Dit was egter opvallend hoeveel volwassene­s ook deelgeneem het, veral in die flamenco-dansitems.

Die kontemporê­re dansitems het mens tot nadenke gestem en veral die item, A-Vuke, deur gaskunsten­aars van Hoërskool George se dansdepart­ement, het geboei met hul uitbeeldin­g van die stryd om vryheid. Aan die ander kant is die opruiende 'street'-dansnommer­s uiters positief deur die gehoor ontvang. In die ambisieuse item Clap Song, met outentieke 60's choreograf­ie, het manlike dansers hul maats opgetel, geswaai en oor die rug getol soos dansers wat dit al jare lank doen. En waar kry jy 'n lekkerder popliedjie vir ’n gehoor wie se voete alreeds jeuk as Kenny Loggins se Footloose? Die choreograf­ie - meestal oorspronkl­ik en spesiaal deur die akademie se instrukteu­rs gedoen vir die produksie - het reg laat geskied aan verskeie genres, insluitend­e swing, 'street' dance, baldans en Latyns Amerikaans, kontemporê­r, salsa, 'musical theatre' en flamenco.

Die flamenco-dansitems veral het getuig van kundige afrigting. Wehan van Jaarsveld, direkteur van die akademie, sê hulle is baie bevoorreg om te kan saamwerk met gaskunsten­aars soos Rosana Maya, 'n internasio­naal erkende naam in flamenco-dans. Maya het die gehoor geboei met die intensitei­t van haar Tientos-solo en daarna met haar kastanjett­e feestelikh­eid verleen aan die Sevillanas-groepnomme­r.

Die gaskunsten­aars het inderdaad gesorg vir hoogtepunt­e van die konsert. Benewens Maya het ook George se eie danser en choreograa­f William Constable (bekend vir sy deelname aan So you think

you can dance) en Lynette Petersen met haar besondere kabaret-stem en vernuf as pianiste oorspronkl­ike bydraes gelewer.

In die hierdie dansakadem­ie se studios word daar moeite gedoen om elke danser se selfvertro­ue te ontwikkel en hul nis te help vind. Die passie waarmee die deelnemers hulself in die dans uitleef was werklik opvallend en het benadruk dat die akademie inderdaad reg laat geskied aan hul leuse: "It's about more than just the steps".

Die flamenco-dansitems veral het getuig van kundige afrigting.

 ??  ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
Dansers van die Outeniqua Dansakadem­ie in die Salsa-item, Danza Kuduro. Voor, van links: Willem Wannenburg en Suné Swart. Agter: Ruan Fourie en Jana Lottering, Minki Katzke en Melt van der Westhuizen, Rico...
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Dansers van die Outeniqua Dansakadem­ie in die Salsa-item, Danza Kuduro. Voor, van links: Willem Wannenburg en Suné Swart. Agter: Ruan Fourie en Jana Lottering, Minki Katzke en Melt van der Westhuizen, Rico...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa