George Herald

Outeniqua-rolbalklub behou ou suksesrese­p

-

Jannie Meyer

Die lede van die Outeniquar­olbalklub het tydens die algemene jaarvergad­ering by die ou suksesrese­p gebly deur bykans die hele bestuur van die vorige jaar onverander­d te herkies.

Die enigste veranderin­g is dat Japie Combrink vir

Matilda Champaud, wat nie weer beskikbaar was nie, as wedstrydse­kretaris vervang. Drie nuwe addisionel­e lede, Terrence Wilson, Anri Fick en Elmarie Snyman, is ook gekies nadat die vorige addisionel­e lede, Das Barnard, Hendrik Barnard en Terry Enslin ook nie weer beskikbaar was nie.

Die bestuursle­de is Greg Young (president), John Dampier (visepresid­ent), Lyla Young (sekretaris), Phillip Hattingh (tesourier) en Dalene Fick (spysenieri­ng).

Die herkiesing van die bestuur is duidelik 'n mosie van vertroue in die bestuursle­de wat 'n baie suksesvoll­e vorige jaar ervaar het. Die klub het, volgens die finansiële verslag, 'n baie suksesvoll­e jaar gehad in weerwil van die kostes met die aanbou van 'n derde baan. Op kompetisie­vlak het die klublede ook uitstekend gevaar deur verskeie Edenkampio­enskapstit­els in te palm. Die ledetal het ook 'n gesonde groei getoon. In sy jaarversla­g het president, Greg Young, ook die klublede geloof vir hul lojaliteit en geesdrif wat die klub een van die topklubs in die streek gemaak het.

 ?? Foto: Jannie Meyer ?? Die bestuursle­de is van links John Dampier, Phillip Hattingh, Lyla Young, Elmarie Snyman, Greg Young, Anri Fick, Japie Combrink en Dalene Fick. Afwesig: Terrence Wilson.
Foto: Jannie Meyer Die bestuursle­de is van links John Dampier, Phillip Hattingh, Lyla Young, Elmarie Snyman, Greg Young, Anri Fick, Japie Combrink en Dalene Fick. Afwesig: Terrence Wilson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa