George Herald

Gwavu verskaf vonk vir PW Botha-kollege

-

PW Botha se o.19A-netbalspan (foto) het met 21-14 teen Hoërskool Knysna vasgeval.

André Stander

PW Botha-kollege se o.19Arugbysp­an het Donderdagm­iddag op hul tuisveld vyf pragdrieë gedruk in hul oorwinning van 31-18 oor hul eweknie van Hoërskool Knysna.

Knysna het in die eerste tien minute van die wedstryd met ‘n groot aanslag afgeskop. Veral hul swaarder pak voorspeler­s het baie druk op die tuisspan geplaas. Net goeie verdedigin­g het hul van die doellyn af weggehou.

Vir die wenspan het hul slotte, Siyavuya Matyila en Henry van Wyk, asook Mvuyisi Gwavu (flank) die vonk verskaf. Gwavu, wat uithalersp­el gelewer het, is aangewys as speler van die wedstryd.

Hencill September (binnesente­r en kaptein) en Abrian Willems (losskakel) was die tuisspan se grootste planmakers agterlangs.

Gwavu (flank, 2), Hencill September (buitesente­r en kaptein, 2) en Jordan Ruiters (flank) is vir die wenspan oor vir drieë. Ashaan Ahrends (skrumskake­l) slaag met drie doelskoppe.

Ander rugbyuitsl­ae:

PW Botha Kollege o.16A (21): Drieë - Bronwyn Carelse (heelagter), Jaydon Khota (linkervleu­el), Le-Shaan Lewis (agtsteman). Brent Ruiters (losskakel) slaag met drie doelskoppe.

Knysna o.16A (14): Drieë - Tyrese Benson (binnesente­r), Ezhein Booysen (buitesente­r). Booysen klits ook twee doelskoppe oor.

Netbal

Knysna se o.19A- netbalspan het PW Botha met 21-14 geklop. Marina Ferreira (16), Rolene Barnard (3) en Clarice le Roux (1) het die wenspan se doele aangeteken.

Vir PW Botha het Kheesha Fortuin (13) en Khobeka Nzima (1) doel aangeteken.

Ander uitslae:

Knysna o.14A (10): Doele aangeteken deur Jeran Pietersen (6) en Angela Nazoli (4).

PW Botha o.15A (4): Doele aangeteken deur Ranceigh Jacobs (2) en Claire Claasen (2).

Knysna o.15A (8): Doele aangeteken deur Imivuyo Malahla (4) en Kaitlyn Filande (4).

PW Botha o.16A (4): Doele aangeteken deur Mohicha Taylor (2) en Johdene Klaasen (2). Rugbyfoto’s: Anton Gericke

 ??  ?? Hencill September, binnesente­r en kaptein van PW Botha, was saam met Abrian Willems, losskakel, die groot planmakers agterlangs. Hy het twee keer gaan druk. PW Botha se losskakel, Abrian Willems, nael sterk met die bal.
Hencill September, binnesente­r en kaptein van PW Botha, was saam met Abrian Willems, losskakel, die groot planmakers agterlangs. Hy het twee keer gaan druk. PW Botha se losskakel, Abrian Willems, nael sterk met die bal.
 ??  ?? Netbalfoto’s: Deidre Cloete
Netbalfoto’s: Deidre Cloete
 ??  ?? Siyavuya Matyila, loskopstut van PW Botha, het ‘n barshou gespeel en die verdedigin­g met sy kraglopies getoets.
Siyavuya Matyila, loskopstut van PW Botha, het ‘n barshou gespeel en die verdedigin­g met sy kraglopies getoets.
 ??  ?? Mvuyisi Gwavu, flank van PW Botha se o.19A-rugbyspan,was sy span se grootste uitblinker teen Hoërskool Knysna en hy is welverdien­d aangewys as speler van die wedstryd. PW Botha het met 31-18 gewen.
Mvuyisi Gwavu, flank van PW Botha se o.19A-rugbyspan,was sy span se grootste uitblinker teen Hoërskool Knysna en hy is welverdien­d aangewys as speler van die wedstryd. PW Botha het met 31-18 gewen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa