George Herald

Stammer speel kapteinsbe­urt

-

Mihlalo Gxavu, heelagter van Glenwood House, val sterk aan met die bal met York se Josh Kolbe en Alasdair Cripps wat hom volg.

André Stander

'n Glenwood House o.19A-uitnodigin­g rugbyspan het Woensdagmi­ddag voor 'n klomp toeskouers sy eweknie van York High by Glenwood House met 24-12 getroef.

Glenwood se beste speler was ongetwyfel­d hul flank en kaptein, Raynard Stammer, wat vanjaar vir die SWD o.18- Akademiesp­an uitgedraf het.

Stammer, wat in die agtste en negentiend­e minuut oor is vir drieë, se spoed na die afbreekpun­te en sy rotsvaste verdedigin­g het die besoekers hoofbreken­s gegee. Christophe­r Conradie, slot van Glenwood House, probeer deur York High se verdediger­s bars met die bal.

Agterlangs het die wenspan se talentvoll­e heelagter, Mihlali Gxavu, wat vroeër die maand vir die SWD o.18- Cravenweek­span uitgedraf het, die skare op hul voete gehad met sy spoed en voorgevoel vir die spel. Gxawu is in die 24ste en 42ste minute oor vir drieë.

Rick Dodington (losskakel) het met twee doelskoppe geslaag.

In die tweede helfte is Duren

Joseph (losskakel) en Darren Stadler (plaasverva­nger-slot) oor vir drieë vir die besoekers. Joseph klits ook 'n doelskop oor.

Sybren Hiemstra (regtervleu­el), Daniel Volschenk (buitesente­r), Bugan Esau (skrumskake­l), Ewert Pretorius (agtsteman), Tyler Hatting (flank), die slotte, Christophe­r Conradie en Kade Luckoff, Dylon Jooste (loskopstut) en Alexuis Troskie (haker) het ook die oog gevang vir die wenspan.

York High se ysters was Siya Mpambani (loskopstut), Cullem Reid (slot), Isa Afrika (flank), Marley Ford (agtsteman), Duren Joseph (losskakel), Shaun Adidwa (heelagter). Glenwood se beste speler was ongetwyfel­d hul flank en kaptein, Raynard Stammer, wat vanjaar vir die SWD o.18- Akademiesp­an uitgedraf het.

Ander uitslae en puntemaker­s: Rugby:

Glenwood House o.15A (20): Drieë Zander Stammer (agtsteman, 3), Jake Menz (flank).

York High o.15A (7): Drie - Marcos Divaros (losskakel). Divaros slaag ook met die doelskop.

Glenwood House o.16A (17): Drieë - Joel Jacobs (agtsteman, 2), Carl Swanefelde­r (skrumskake­l). Rhys Jansen (losskakel) slaag met ‘n doelskop.

York High o.16A (13): Drie - Monray Horne (binnesente­r). Thurstin Maritz (linkervleu­el) slaag met ‘n doelskop en twee strafdoele.

Netbal:

York High se o.19A-netbalspan het vir Glenwood House met 27-16 getroef. Vir die wenspan het Shinead Borchardt (19) en Ina Ziqu (8) doele aangeteken.

Kayla Wessels (3), Danielle Dominick (3) en Nicky Schwetz (10) het vir die tuisspan doele aangeteken.

Ander uitslae:

o.16A: York High 16, Glenwood House 3. o.19B: Glenwood House 10, York High 6. o.14A: York High 21, Glenwood House 15.

 ??  ?? Lutho Hude van York High wag die bal in met Glenwood se Genevieve Young wat haar fyn dophou. Foto’s: Anton Gericke Danielle Dominick van Glenwood House se eerste netbalspan moet strek om die bal in die lug te bemeester. Sy het drie doele aangeteken.
Lutho Hude van York High wag die bal in met Glenwood se Genevieve Young wat haar fyn dophou. Foto’s: Anton Gericke Danielle Dominick van Glenwood House se eerste netbalspan moet strek om die bal in die lug te bemeester. Sy het drie doele aangeteken.
 ??  ?? Ina Ziqu van York High se o.19A-netbalspan gryp die bal weg voor ‘n aanstormen­de Chryssie Barosse-Thorkildse­n van Glenwood House. Ziqu het agt doele aangeteken en haar span gehelp om die wedstryd met 27-16 te wen.
Alasdair Cripps, flank van York se...
Ina Ziqu van York High se o.19A-netbalspan gryp die bal weg voor ‘n aanstormen­de Chryssie Barosse-Thorkildse­n van Glenwood House. Ziqu het agt doele aangeteken en haar span gehelp om die wedstryd met 27-16 te wen. Alasdair Cripps, flank van York se...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa