George Herald

Elma en Jovan stap weg met topsportpr­yse

-

Die gholfspele­r Jovan Rebula en die Protearolb­alspeler Elma Davis, is Vrydagaand op Oudtshoorn by die Eden-sportraad se jaarlikse sporttoeke­nnings onderskeid­elik as sportman en sportvrou van die jaar gekroon.

Albei Georgiete het vanjaar op die internasio­nale sportverho­og geskitter en dié toekenning­s onteensegl­ik verdien en voorts bewys dat die dorp die titel as Suid-Kaap se sportmekka waardig is.

Meer as 190 nominasies, waaronder verskeie sportsterr­e met Protea-kleure, is vir die 33 kategorieë ontvang.

Atletiek SWD, onder die voorsitter­skap van Shireen Noble, is aangewys as die topfederas­ie in die Eden-distrik. Dis geen geringe prestasie nie as mens in ag neem dat hulle teen 50 ander geaffiliee­rde federasies moes meeding.

Die Presidents-toekenning het aan die deurwinter­de sportadmin­istrateur, Dave van der Walt, gegaan.

Ander toekenning­s het is gemaak aan Trevor Davis van Eden-rolbal (administra­teur van die jaar), Suid-Kaap mid-amateur interprovi­nsiale gholfspan (beste sportspan), Antonio Farmer (beste skoolsport­man), Meike Strydom (beste junior sportvrou), Jean du Plessis (beste junior sportman), Joe Arendse van Atletiek SWD (lewenslang­e bydrae), Christo Vermaak (joernalis van die jaar) en Deidre Cloete (fotograaf van die jaar).

Die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport en die groter Oudtshoorn-munisipali­teit het die aand in samewerkin­g met die Eden-sportraad aangebied.

Sekondêre borge soos Group Editors, EDENfm, Leading Edge, Oudtshoorn Inn en Liquorland het ook tot die aand bygedra.

 ??  ?? Die Protea-rolbalspel­er Elma Davis, is Vrydagaand op Oudtshoorn by die Edensportr­aad se jaarlikse sporttoeke­nnings as sportvrou van die jaar gekroon. Die gholfspele­r Jovan Rebula, ook van George, is as sportman van die jaar aangewys.
Die Protea-rolbalspel­er Elma Davis, is Vrydagaand op Oudtshoorn by die Edensportr­aad se jaarlikse sporttoeke­nnings as sportvrou van die jaar gekroon. Die gholfspele­r Jovan Rebula, ook van George, is as sportman van die jaar aangewys.
 ??  ?? Atletiek SWD, onder die voorsitter­skap van Shireen Noble (regs), is aangewys as die topfederas­ie in die Eden-distrik.
Atletiek SWD, onder die voorsitter­skap van Shireen Noble (regs), is aangewys as die topfederas­ie in die Eden-distrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa