George Herald

Outeniqua-onnies skitter op verhoog

-

Pauline Lourens

Die dak het behoorlik Dinsdagaan­d gelig terwyl onderwyser­s van Hoërskool Outeniqua luid toegejuig is met dawerende applous om hulle talente as sangers, musikante en dansers vir die eerste keer in baie jare te onthul in ‘n ware skouspel van lig, vuurwerke en lasers.

Voor 'n stampvol saal het items vir die vertoning gewissel van sang- en instrument­ale ensembles, kore, danse en skreeusnaa­kse 'lipsync'.

"Die doel van Starry Starry Night was om ouers en leerders te vermaak en om die personeel soos ‘n ware bron van lig te laat skitter." So vertel Elna Pretorius die ontwerpond­erwyser wat die regisseur was.

En dit het die leerkragte inderdaad met oorgawe gedoen met blink uitrusting­s, grimering en profession­ele optredes onder leiding van drama- en musiekkund­iges Karleine Herbst en Lynette Petersen.

Telkens het die onnies gesorg vir uitstekend­e optredes met 'n geoefende orkes en aangesien Outeniqua beskik oor 'n dansskool was dit ook so dat die prinsipaal van die dansskool, Wehan van Jaarsveld en Elissa Kaplan met grasieuse en sensuele choreograf­ie te voorskyn gekom het.

In 'n prettige swembadton­eel het onnies verskyn in baaipakke vir 'n gesinkroni­seerde 'swemdans' en gewis hul gemaksone verlaat en dit het bygedra tot 'n ware topaand van vermaak.

 ?? Foto: Gavin Falck ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.comChariss­a van Dyk en Nesta Olivier was deel van die goed georkestre­erde choreograf­ie tydens Dinsdagaan­d se vertoning.
Foto: Gavin Falck Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.comChariss­a van Dyk en Nesta Olivier was deel van die goed georkestre­erde choreograf­ie tydens Dinsdagaan­d se vertoning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa