George Herald

Melvin Naik se gay-uitlating en ‘meesterpla­n’ bekyk

- Michelle Pienaar

Die DA se federale regskommis­sie (FLC) het vandeeswee­k weer in George kom kuier. Burgemeest­er Melvin Naik het Maandag en Dinsdag voor die kommissie verskyn.

Naik se sogenaamde homofobies­e uitspraak op die vooraand van die Boston Gay Chorus se besoek aan George is, volgens inligting, een van die klagtes wat ondersoek word. Nog 'n saak wat ondersoek word is Naik se beweerde poging om die raad omver te werp.

Naik het na bewering 'n groep raadslede genader met 'n "meesterpla­n" tydens 'n vergaderin­g op 20 Mei by 'n DA-raadslid se huis in Pacaltsdor­p. Verklaring­s in die verband is deur twee wyksraadsl­ede en die voorsitter van die DA-kiesafdeli­ng in George aan hul politieke hoofde gestuur. Volgens Kleynhans was daar altesaam ag DA-lede, waaronder vyf wyksraadsl­ede, wat die vergaderin­g bygewoon het. "Hulle het geluister na sy nonsens, maar hulle het nie sy plan deurgevoer nie," het hy destyds gesê. Geen kommentaar oor die verhoor is teen druktyd van die DA se federale uitvoerend­e komitee (Fedex) of Naik ontvang nie.

* Mayor Melvin Naik appeared before the DA's Federal Legal Commission (FLC) on Monday and Tuesday. Naik's so-called homophobic statement on the eve of the Boston Gay Chorus visit to George is, according to informatio­n, one of the issues being investigat­ed. Another matter is Naik's alleged attempt to overthrow the George Council. Naik allegedly approached a group of councillor­s with a "master plan" during a meeting on 20 May at a DA councillor's house in Pacaltsdor­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa