George Herald

SWD-doelwagter moes skelm speel oor hart

- Michelle Pienaar

‘n Oudleerder van York High, wat as kind weens ‘n hartkwaal skelm aan sport moes deelneem, hou deesdae skool en rig hokkie af by Oakhill privaat skool in Knysna.

Michake Fanelo (24) is op sewejarige ouderdom met rumatiese hartsiekte gediagnose­er. Sy ma, Sophia Fanelo, onthou die dokter se waarskuwin­g, destyds, dat Michake waarskynli­k ‘n operasie sal moet ondergaan en glad nie aan sport sal kan deelneem nie.

“My moederhart was stukkend. Sy arms en bene het oornag lam geraak, en hy het met ‘n sleeptonge­tjie gepraat. Maar Michake het gesê ek moenie worry nie, want Liewe Jesus gaan sy hartjie gesond maak. Dit was ‘n moeilike tyd,” het Fanelo gesê. Met medikasie het Michake se toestand stelselmat­ig verbeter. ‘n Operasie was toe nooit nodig nie, hy het net jaarliks penisillie­n-inspuiting­s gekry.”

Dit was in Michake se gr.4-jaar wat sy ma agterkom het hy speel skelm hokkie. Sy het die onderwyser gevra om hom die doelwagter te maak sodat hy nie te veel hoef rond te hardloop nie. “Toe hy op hoërskool kom vind ek uit hy speel skelm krieket ook. Hy het blykbaar reeds in gr.7 daarmee begin. Ek het hom die een dag uitgevang met kriekettoe­rusting, maar hy sê toe dis ‘n vriend s’n wat dit vergeet het. Dan was daar sokker by Rooirivier­rif. Toe ek daar kom om hom te kom haal, sien ek hy speel die posisie van striker en nie doelwagter nie,” het Fanelo gesê. “Eendag stop ‘n onnie hom in die dorp en wens hom geluk met die wonderlike drie wat hy gedruk het. Toe moes ek uitvind hy speel nog boonop rugby ook.”

Deesdae is Michake Fanelo die hokkieafri­gter by Oakhill vir die volgende spanne: o.13 B-meisies, o.14 A-meisies en die o.9-seuns. Hy is die LO-onnie vir gr.3- tot gr.7-meisies en help met administra­sie. Fanelo begin volgende jaar met sy studies in onderwys vir die intermediê­re fase (gr.4 tot gr.9), met die hulp van die skool wat hom hiermee bystaan. Verder speel hy krieket vir die Knysna

Old Wobblies en sokker vir die Knysna Southern Stars.

Vir die laaste vier jaar is hy lid van die SWDmanshok­kiespan en vir die tweede agtereenvo­lgende jaar is hy ‘n lid van die South African Country District (SACD)-manshokkie­span. Tydens die onlangse SACD-hokkietoer­nooi in Pietermari­tzburg (29 Julie tot 5 Augustus) het sy span tweede geëindig en hy is aangewys as die doelwagter van die toernooi. Deur sy sportloopb­aan op skool het nie baie mense van sy probleem geweet nie. “My een afrigter in die laerskool het geweet, maar op hoërskool het ek net gaan speel,” het Michake gesê. “Ek is baie lief vir sport. Dit is wat my elke dag dryf. Daar was dae wat ek na die tyd ‘n pyn op my hart het, maar dan gaan ek net aan. Die volgende dag voel ek weer alright. Ek het geweet die pyn sal weggaan, maar die volgende dag se wedstryd is belangrik.”

 ??  ?? Sien fotogalery by www.georgehera­ld.comMichake Fanelo in aksie op die hokkieveld. INLAS: Michake Fanelo (regs) en sy SACD-spanmaat Darren Kamfer met hul silwermeda­ljes.
Sien fotogalery by www.georgehera­ld.comMichake Fanelo in aksie op die hokkieveld. INLAS: Michake Fanelo (regs) en sy SACD-spanmaat Darren Kamfer met hul silwermeda­ljes.
 ??  ?? Michake Fanelo as afrigter.
Michake Fanelo as afrigter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa