Marx speel vir SA LSEN-rugbyspan
Marx Hartnick, veelsydige agterspeler van Van Kervel Skool, is gedurende die Junievakansie opgeneem in die SA LSEN-skolespan. Hartnick was lid van die SWD LSEN-span wat aan die nasionale Cravenweek vir spesiale skole in Vanderbijlpark deelgeneem het. Hierna het die SA LSEN-skolespan gaan deelneem aan die Akademieweek (o. 18) in die Paarl. Saam met hom is sy afrigter, Hilton Maralack, wat ook die spanbestuurder van die SWD LSENrugbyspan was.