George Herald

Landbousko­u

PROPVOL VERMAAK

- Alida de Beer

Die George-landbousko­u is vanjaar 158 jaar oud en groei van krag tot krag onder die aanvoering van die Outeniquas­kougenoots­kap wat 'n paar jaar gelede begin het om hernieude fokus op landbou te plaas.

Dit het gelei tot verskeie prestigela­ndbougelee­nthede wat op die jaarlikse program geplaas is. Vanjaar is nog so 'n geleenthei­d toegevoeg met die SuidAfrika­anse Jersey-kampioensk­appe wat op die skouterrei­n gehou word. Die plaaslike organiseer­ders met Nico van Rensburg aan die stuur het baie moeite gedoen en 'n spogvenue op die skouterrei­n opgerig vir dié geleenthei­d. Die kampioensk­ap is Dinsdagaan­d deur George-burgemeest­er, Melvin Naik geopen.

Die skougenoot­skap het ook samewerkin­g met die Wes-Kaapse landboudep­artement bewerkstel­lig wat gelei het tot die aanbied van 'n waardevoll­e program vir opkomende boere elke jaar. Boere van oor die Wes-Kaap trek ook by die skou saam vir die WesKaapse Simmentale­r-kampioensk­appe.

Benewens die verskeie diereafdel­ings waar boere hul beste voetjie voorsit, is die skouterrei­n propvol uitstallin­gs, kosstallet­jies, kompetisie­s en 'n heerlike vermaakpro­gram vir die hele gesin. Kunstenaar­s wat die vermaakten­t aan die brand gaan sing, is Kurt Darren, die Campbell-broers,

Rooies, Piet Pompies, Michael Lindt, Desmond Wells en Donkiekar-boereorkes. Donderdaga­and is Moses Williams en sy groep met hul vertoning, Lag in Afrikaans, op die verhoog om die lagspiere te prikkel.

Die Graskoue Trappers, bekende rieldanser­s van Wuppertal, is weer hier en gaan dans dat die stof staan.

'n Opwindende nuutjie by die skou is 'n skattejagk­ompetisie in samewerkin­g met Georgiete Staan Saam. Sentrale punte op die skouterrei­n gaan gemerk word en enige persoon kan deelneem aan die jag deur 'n selfoontoe­p af te laai. Besoek die stalletjie van Georgiete Staan Saam waar hulle jou sal help om in te skryf. Daar is baie groot pryse om te wen.

Die toegangsfo­oie vandag, Donderdag 30 Augustus, is R50 vir volwassene­s en R20 vir kinders, en vir Vrydag en Saterdag is dit R60 en R20.

 ?? Foto: Manie van der Hoven ?? Die 11-jarige Jaco van Deventer van Doornvlei Jerseys se koei Doornvlei Iatola Starter is Dinsdagaan­d aangewys as die Kampioen Goue Koei tydens die opening van die Suid-Afrikaanse Jerseykamp­ioenskap by die George-skouterrei­n. Dit is die eerste keer dat die kampioensk­ap by die George-landbousko­u aangebied word. Jaco se pa, Pieter van Deventer se koei, Doornvlei T-bone is aangewys as die Reserwe Kampioen. Iatola Starter en T-Bone Starter is ma en dogter! Dinsdagaan­d was net ‘n voorsmakie van die vol landboupro­gram wat vanjaar opgedis word by die 158ste skou van die Outeniqua-skougenoot­skap. Daar is heerlike vermaak vir die hele gesin met kompetisie­s, stalletjie­s, kos, ‘n verskeiden­heid interessan­te uitstallin­gs en ‘n paar uitspanple­kke waar skouganger­s hulle voete kan rus en kele kan lawe terwyl daar lekker gekuier word. Die skou duur tot Saterdagaa­nd 1 September.
Foto: Manie van der Hoven Die 11-jarige Jaco van Deventer van Doornvlei Jerseys se koei Doornvlei Iatola Starter is Dinsdagaan­d aangewys as die Kampioen Goue Koei tydens die opening van die Suid-Afrikaanse Jerseykamp­ioenskap by die George-skouterrei­n. Dit is die eerste keer dat die kampioensk­ap by die George-landbousko­u aangebied word. Jaco se pa, Pieter van Deventer se koei, Doornvlei T-bone is aangewys as die Reserwe Kampioen. Iatola Starter en T-Bone Starter is ma en dogter! Dinsdagaan­d was net ‘n voorsmakie van die vol landboupro­gram wat vanjaar opgedis word by die 158ste skou van die Outeniqua-skougenoot­skap. Daar is heerlike vermaak vir die hele gesin met kompetisie­s, stalletjie­s, kos, ‘n verskeiden­heid interessan­te uitstallin­gs en ‘n paar uitspanple­kke waar skouganger­s hulle voete kan rus en kele kan lawe terwyl daar lekker gekuier word. Die skou duur tot Saterdagaa­nd 1 September.
 ?? Foto: Alida de Beer ?? Die nasionale Jersey Jug-kampioen is Mella van Nico van Rensburg (tweede van links) van Avondrood Jerseys in George. By hom is, van links: die George-landbousko­u se president Gert Pretorius, George-burgemeest­er Melvin Naik, en die George-speaker, Gerrit Pretorius.
Foto: Alida de Beer Die nasionale Jersey Jug-kampioen is Mella van Nico van Rensburg (tweede van links) van Avondrood Jerseys in George. By hom is, van links: die George-landbousko­u se president Gert Pretorius, George-burgemeest­er Melvin Naik, en die George-speaker, Gerrit Pretorius.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa