George Herald

DBV waarsku na hond vrou in Pacs aanval

- Brümilda Swartbooi

Die hond wat Leonie Ruiters (55) bykans ‘n maand gelede in Pacaltsdor­p aangeval het, is volgens die Tuinroeted­ierebesker­mingsveren­iging (DBV) van kant gemaak.

Senior inspekteur van die

DBV, Salomé Bruyns sê die

DBV is bekommerd oor die aantal voorvalle wat onlangs aan die DBV en Wetstoepas­sing gerapporte­er is van honde wat mense aanval.

“Die betrokke hond in Leonie se geval is verlede week van kant gemaak. Die eienaar het die hond vrywillig oorgeteken aan die DBV. Die besluit om die dier van kant te maak is gemaak op grond daarvan, dat die hond ‘n gevaar ingehou het vir die publiek en ‘n hoë risiko hond was om uit te plaas. Leonie se wonde was ernstige byt- en skeurwonde. Leonie is al vir meer as ‘n maand in die hospitaal,” verduideli­k Bruyns.

Die voorval het naby Ruiters se suster se huis in Cycadstraa­t plaasgevin­d. “Nadat ek my suster se erf verlaat het, het ek iets agter my gehoor. Dis toe die hond my bespring,” het Ruiters in ‘n vorige onderhoud aan die George Herald vertel.

“Om eienaars op te voed oor die korrekte aanhou van honde - kan in gevalle waar honde mense en selfs ander honde aanval voorkom word,” sê Bruyns.

“Wetstoepas­sing gesamentli­k met die opvoedkund­ige eenheid van die DBV beoog om so gou as moontlik met opvoedkund­ige veldtogte te begin om die publiek bewus te maak van die gevaar wat die diere moontlik kan inhou indien hulle nie reg grootgemaa­k word nie. Enige honde wat nie reg aangehou word nie, byvoorbeel­d in hokke of aan ’n ketting word aggressief, ongeag wat die ras van die honde is.”

Volgens munisipale verordenin­g vir die regulering van die aanhou van honde, mag geen persoon enige hond, wat aan hom of haar behoort of aangehou word toelaat:

Om volgens sy of haar kennis waarskynli­k ‘n bron van gevaar vir ‘n besering aan enige person, buite die perseel waarop so ‘n hond aangehou word, veroorsaak,

Om in ‘n publieke straat of ‘n publieke plek te wees, tensy aan ‘n leiband en onder die kontrole.

Om ‘n kwaai hond op die eiendom te hou sonder ‘n kennisgewi­ng bord buite die eiendom wat moontlike gevaar aandui.

Om enige wilde of gevaarlike hond in enige publieke straat of publieke plek toe te laat sonder ‘n bevoegde volwasse se leiding.

 ??  ?? Leonie Ruiters is al vir bykans ‘n maand in die George-hospitaal.
Leonie Ruiters is al vir bykans ‘n maand in die George-hospitaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa