George Herald

Parke se dinge is ‘deur die blare’

- Michelle Pienaar

Probleme met die organogram, drywers of lae posvlakke en 'n tekort aan opleiding vir toesighoue­rs is van die kwessies wat amptenare en werkers van die munisipale afdeling parke en tuine bekommer.

Volgens Sam Ncamile, 'n drywer van dié afdeling en 'n verteenwoo­rdiger van die vakbond Samwu (South African Municipal Workers Union), is dinge "baie deurmekaar" in hulle afdeling.

Ncamile beweer drywers van ander munisipale direktorat­e is almal op 'n T8-posvlak, terwyl die wat vir parke en tuine werk voortswoeg op 'n T5-posvlak. 'n Ander amptenaar van die afdeling, Adam Mostert, is weer aangestel as 'n senior toesighoue­r vir die George-begraafpla­as, maar hy het glo nog nie in die afgelope vyf jaar 'n voet daar gesit nie. "Ek werk as toesighoue­r in die westelike deel van George," het hy gesê. "My kollega, wat al die jare in die afdeling werk, werk nou as toesighoue­r by die begraafpla­as. Hy het onlangs 'n dispuut in die verband gewen en is nou sodanig aangestel. My pos, die een van senior toesighoue­r, is onlangs vir die derde keer geadvertee­r. Hoe werk dit?" het hy gevra.

Mostert en Valdon Muller, ook 'n toesighoue­r van die afdeling, is dit eens dat hulle nie genoeg opleiding ontvang het om hul werk deeglik te doen nie. 'n Vergaderin­g met senior amptenare wat twee weke gelede sou plaasvind is vir die soveelste keer uitgestel en daarom was die drie manne moedeloos verby. "Ons het uiteindeli­k verlede week 'n kans gehad om die dinge om 'n tafel te bespreek; ons sal maar moet sien of ons pleidooi gehoor word," het Muller gesê.

Munisipale woordvoerd­er, Chantel Edwards-Klose, het by navraag geantwoord dat die munisipali­teit nie op interne personeelk­wessies kommentaar lewer nie.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comDrie amptenare van die munisipale afdeling parke en tuine is bekommerd oor verskeie administra­tiewe kwessies binne hul direktoraa­t. Van links is Valdon Muller (toesighoue­r), Adam Mostert (toesighoue­r) en Sam Ncamile (drywer en Samwuuniev­erteenwoor­diger).
Foto: Michelle Pienaar Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comDrie amptenare van die munisipale afdeling parke en tuine is bekommerd oor verskeie administra­tiewe kwessies binne hul direktoraa­t. Van links is Valdon Muller (toesighoue­r), Adam Mostert (toesighoue­r) en Sam Ncamile (drywer en Samwuuniev­erteenwoor­diger).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa