George Herald

Prestige Bonsmarave­iling 8 September

- TISHA STEYN

Die 8ste Prestige veiling van die SuidKaap Bonsmarakl­ub word op 8 September by GWK se veilingskr­ale by Herold aangebied.

Daar sal 20 stoetbulle wees, asook 60 kommersiël­e vroulike diere, waarvan die meeste dragtige verse is.

Die stoetbulle word aangebied deur Mikie du Toit van Swartshoek Bonsmaras by Humansdorp, Ockie Potgieter van Letterkran­s Bonsmarast­oet van Kruisrivie­r naby Calitzdorp, Lourens Eales van Ruiterbos Bonsmaras, Mosselbaai en

Eugene Louw van Jubilee Bonsmaras van Swellendam.

“Koop liewer ‘n goedkoper bakkie as wat jy op jou bul bespaar,” haal Eales dr. Matthys Strydom aan. “Die bul dra 50% by tot elke kalf wat aankom en sy bydrae tot jou kudde sal vir omtrent 10 jaar sigbaar, en voelbaar aan jou sak wees - hetsy goed of sleg.”

Eales meen met die ontwikkeli­ng van die Bonsmarara­s het kundiges al die proefnemin­gs met kruistelin­g - kostes en verliese ingesluit - reeds vir jou gedoen, wat duur eksperimen­te met mode-rasse onnodig maak. “Ek het nog nooit spyt gekry oor my keuse van dié ras nie. Ons boer nie in ‘n goeie vleisbees-omgewing nie, maar die Bonsmara het sy waarde hier ongetwyfel­d genoegsaam bewys.” Hy raai voornemend­e kopers aan om seker te maak die Bonsmarabu­l is met die kenmerkend­e B-merk op sy regterskou­er gemerk.

“Daar is topbulle om van te kies en te keur - daar is bulle wat speenkalf produsente is, bulle om meer vrugbaarhe­id of melk in jou kudde te bring, of meer bespiering of lengte, of bulle om verse mee oop te maak .”

Besigtigin­g begin Vrydag 7 September om 14:00. Die veiling begin Saterdagog­gend om 11:00. Vir meer inligting, kontak Ockie Potgieter by 082 776 3730, Mike du Toit by 083 602 7935, Eugene Louw by 082 573 9548 of Lourens Eales by 082 904 4588.

 ??  ?? Lourens Eales se bul, Ratel, sal ook opgeveil word.
Lourens Eales se bul, Ratel, sal ook opgeveil word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa