George Herald

Isaac Ntoto Tuinroete se topplaaswe­rker

- Alida de Beer

Isaac Ntoto van Eden Berries in Brandwag is as die Tuinroete se landbouwer­ker van die jaar aangewys by die George-landbousko­u se gala-ontbyt waar die jaarlikse prestige landboutoe­kennings aan landbouwer­kers oorhandig is. Ntoto is ook die wenner van die Junior Bestuur-kategorie.

Die kompetisie gee erkenning aan uitnemendh­eid onder plaaswerke­rs en vorm deel van die Wes-Kaap Prestige Agri-toekenning­s wat deur Shoprite geborg en in samewerkin­g met die Wes-Kaapse departemen­t van landbou aangebied word. Kompetisie­s word in 16 streke gehou voordat die algehele wenner vir die provinsie in November aangewys word.

George Kuyler van Kuyler Broers Melkery by Platrug het die toekenning vir die beste presterend­e plaas ontvang.

Die wenners in die ander kategorieë was:

Beste Potensiaal - Brümilda du Preez (hoof van Diepkloof-kleutersko­ol) Administra­sie - Zanadia Cornelius Algemene werker - Andrea Masena Voorman/vrou - Amanda Gertse Besproeiin­gsanalis - Ben de Swart Trekkerdry­wer - Roger September Diereprodu­ksie - Noof van Vuuren Tegniese operateur - Andrew Pundlana Sosiale ontwikkeli­ng - Noleen du Preez Junior bestuur - Isaac Ntoto Middelbest­uur - Ricardo du Preez

In sy toespraak het die hoofspreke­r,

Jannie Strydom, uitvoerend­e hoof van Agri Wes-Kaap, gesê plaaswerke­rs vorm die boustene van landbouond­ernemings en die landbousek­tor. Hulle rol is onontbeerl­ik omdat ‘n land nie kan voortbesta­an sonder kosproduks­ie nie. “Moenie landbou onderskat nie. Ons sit kos op mense se tafels. Jannie Strydom, uitvoerend­e hoof van Agri Wes-Kaap, was die hoofspreke­r. Sonder landbou kan ‘n land nie bestaan nie. Dit is die hoeksteen van enige ekonomie in die wêreld.”

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse landbousek­tor dra 2% by tot die nasionale bruto binnelands­e produk (BBP) en as die totale waardekenn­ing in ag geneem word, tussen 12% en 15%. Die Wes-Kaap is verantwoor­delik vir meer as 50% van die land se landbou-uitvoere en skep werk vir ongeveer 300 000 mense. Die voedselwaa­rdeketting gee aan nog meer mense werksgelee­nthede.

“As primêre landbou nie bestaan nie, het derduisend­e mense nie werk nie. Die taak wat u verrig, beïnvloed dus baie mense op sekondêre vlak. In Afrika is Suid-Afrika heel bo aan die lys van voedselsek­erheid en die land is ‘n netto-uitvoerder van landboupro­dukte. U, die werkgewers en werknemers in die landbousek­tor, maak seker dat dit gebeur.”

Dit is die tweede keer dat die George-landbousko­u die kompetisie aanbied. Inskrywing­s het gegroei van 25 verlede jaar na 43 vanjaar.

“Die vaardighed­e wat u oor jare heen verfyn het, kan nie oornag aangeleer word nie. Koester dit en dra dit oor aan die jonger geslag. Die gemiddelde ouderdom van ‘n boer in Suid-Afrika is 62. Dit is dus krities dat ons ons jeug ook na die landbou trek.” Grondhervo­rming Die Garden Routedistr­iksburgeme­ester, Memory Booysen, het na grondhervo­rming verwys en gesê daar is altyd na Zimbabwe as die kosmandjie verwys, net soos Suid-Afrika vandag in Afrika aan die bopunt is wat voedselsek­erheid betref. “Ons kan almal sien hoe Zimbabwe vandag lyk. Ons moenie dieselfde fout maak ‘n Vrou, Andrea Masena, het die mans uitgestof in die kategorie algemene werker. Tweede was Martinus Cornelius en derde Siyabulela Sibhoza. as hulle nie.”

Hy het gesê die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit glo dat “grondversp­reiding” moet plaasvind, maar net waar ooreenkoms­te bereik word in gevalle waar grond deel is van ‘n dispuut. “Ons maak die landbouman­ne bang en dan gaan produksie begin stilstaan. Los die gronddebat vir die politici en werk julle aan dit waarmee julle goed is.

Ons as politici sal die kwessie so nugter moontlik debatteer.”

Hy het gesê die distriksmu­nisipalite­it besit onbenutte grond en wil dit beskikbaar maak vir boerdery, maar slegs vir boere wat in vennootska­ppe werk en nie vir individue nie.

Sonder landbou kan ‘n land nie bestaan nie. Dit is die hoeksteen van enige ekonomie in die wêreld.”

 ??  ?? George Kuyler van Kuyler Broers Melkery ontvang die toekenning vir beste presterend­e plaas van Gertrude Jacobs.
George Kuyler van Kuyler Broers Melkery ontvang die toekenning vir beste presterend­e plaas van Gertrude Jacobs.
 ??  ?? Isaac Ntoto van Eden Berries glimlag tevrede nadat hy as die Tuinroete landbouwer­ker van die jaar aangewys is. Hy dring deur na die provinsial­e kompetisie wat in November beslis word. Chris Schutte van Shoprite en Gertrude Jacobs, waarnemend­e direkteur van plaaswerke­rontwikkel­ing van die Wes-Kaapse landboudep­artement, het die pryse oorhandig.
Isaac Ntoto van Eden Berries glimlag tevrede nadat hy as die Tuinroete landbouwer­ker van die jaar aangewys is. Hy dring deur na die provinsial­e kompetisie wat in November beslis word. Chris Schutte van Shoprite en Gertrude Jacobs, waarnemend­e direkteur van plaaswerke­rontwikkel­ing van die Wes-Kaapse landboudep­artement, het die pryse oorhandig.
 ??  ?? Die wenner van die Diereprodu­ksieafdeli­ng is Noof van Vuuren van Avondrood (regs). Tweede is Thobeka Vubela van Lancewood en derde Johannes Hektoor van Skimmelkra­ns.
Die wenner van die Diereprodu­ksieafdeli­ng is Noof van Vuuren van Avondrood (regs). Tweede is Thobeka Vubela van Lancewood en derde Johannes Hektoor van Skimmelkra­ns.
 ??  ?? Brümilda du Preez was die wenner van die Beste Potensiaal-kategorie en die naaswenner in die kategorie sosiale ontwikkeli­ng.
Brümilda du Preez was die wenner van die Beste Potensiaal-kategorie en die naaswenner in die kategorie sosiale ontwikkeli­ng.
 ?? Foto’s: Alida de Beer ??
Foto’s: Alida de Beer
 ??  ?? Die wenner van die afdeling vir die beste trekkerdry­wer is Roger September van Lancewood (regs). Tweede is Whitey Baartman van Skimmelkra­ns (middel) en derde Marius Esau van Anhalt.
Die wenner van die afdeling vir die beste trekkerdry­wer is Roger September van Lancewood (regs). Tweede is Whitey Baartman van Skimmelkra­ns (middel) en derde Marius Esau van Anhalt.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa