George Herald

Divann kry sy eie rekenaar

-

'n Droom het waar geword vir Divann Goliath (12), 'n outistiese leerder by Carpe Diem-skool en dalk beter bekend as GO GEORGE se mees lojale ondersteun­er.

'n Artikel oor Divann se mees onlangse besoek aan die GO GEORGE-kantoor het 'n paar weke gelede in die media verskyn, met 'n foto van hom by 'n lessenaar met, in sy eie woorde, 'n "báie groot rekenaar" wat hom mateloos beïndruk het. Op 'n olieboor in Kurdistan, blaai George-inwoner Charles van Niekerk, deur Facebook en kom af op die artikel en foto's van die mannetjie met die groot glimlag. Charles was onmiddelli­k aangeraak deur die seun se entoesiasm­e en opgewonden­heid en laat toe ’n kommentaar dat hy baie graag vir Divann 'n goeie tweedehand­se rekenaar wil koop. GO GEORGE het gevolglik kontak gemaak met Charles en na 'n paar dae van beraadslag­ing met 'n plaaslike rekenaaron­derneming kom daar 'n WhatsApp-boodskap deur vanaf Kurdistan: EFT vir Divann se laptop is gedoen – sluit ontwerp-program en geheuestok­kie in. Gereed vir oplaai. Dirk Conradie die rekenaarde­skundige, wat die mooi skootreken­aar wat net vir demonstras­ies gebruik is opgespoor het, het aangebied om kosteloos vir Divann lesse te gee op die nuwe tekenprogr­am. Tydens die oorhandigi­ng was dit egter gou duidelik dat die jongman geen bekendstel­ling aan rekenaars nodig het nie. Met 'n kliek of drie, en ten spyte van die onbekende Windows 10 op Divann Goliath se eerste eie rekenaar, het Microsoft Paint op die skerm oopgemaak gereed vir Divann om te gebruik. Divann hard aan die werk in sy kantoor, GO GEORGE-tydrooster­s teen die muur vir vinnig loer. Sy pa, David, het spesiaal ’n tafel in sy kamer ingedra vir ’n permanente werksplek noudat Divann sy eie rekenaar het.

 ??  ?? Divann Goliath glimlag breed by sy nuwe skootreken­aar wat sommer in die winkel al ’n foto van die nuwe eienaar op die skerm vertoon, sy nuwe ontwerp-sagteware en ‘n 16 GB-geheuestok­kie om ordentlik besigheid te kan doen. Dirk Conradie van Wireless4U het die rekenaar vir Divann persoonlik ingestel en aangebied om hom kosteloos lesse te gee oor die gebruik van die nuwe program.
Divann Goliath glimlag breed by sy nuwe skootreken­aar wat sommer in die winkel al ’n foto van die nuwe eienaar op die skerm vertoon, sy nuwe ontwerp-sagteware en ‘n 16 GB-geheuestok­kie om ordentlik besigheid te kan doen. Dirk Conradie van Wireless4U het die rekenaar vir Divann persoonlik ingestel en aangebied om hom kosteloos lesse te gee oor die gebruik van die nuwe program.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa