George Herald

Nooit geweet, nooit verstaan, die liefde van ‘n ma

-

'n Gedig deur Sofia

Nooit geweet, nooit verstaan

Hoekom 'n ma so oorbeskerm­d is oor haar kinders...

Sy't hulle vir nege maande onder haar hart gedra

Nooit geweet, nooit verstaan elke ma het verskillen­de uitdagings, talente en verantwoor­delikheid en natuurlik verskillen­de kinders.

Maar die belangriks­te van alles hulle het een ding in gemeen, hulle het hulle kinders oneindig lief.

Nooit geweet, nooit verstaan

Hoekom ma's so begaan is, selfs oor die stoutste een (kind)

Al is hy/sy opstandig, praat tee, ongehoorsa­am,

doen alles wat ma se hart kan laat staan

Sy't lewe gevoel in haar, sy't hom gevoel toe sy lewe skenk

Sy't hom/haar gedra...

Nooit geweet, nooit verstaan

Pa kan daar wees, maar vir ma word gevra Pa belet die huis, verbied kos, hou sakgeld terug

Maar ma maak 'n plan

Dit weet ons mos

Nooit geweet, nooit verstaan

Nou verstaan ek vandag die hartklop van 'n ma

Ma en kind se hart het saam geklop. Ek was en is bevoorreg om ook kinders onder my hart te dra

'n Genade van God aan ons ma's geskenk Dis die voorreg van 'n ma...

Nooit geweet, nooit verstaan

Die liefde van 'n ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa