George Herald

Solidarite­it George benodig skenkings

-

Marieta Verwey, George:

Vandag kom ons om hulp vra vir Solidarite­it Helpende Hand George-tak. Die nood daar buite raak al hoe groter. Ons hande is afgekap, want ons koskas is leeg, skenkings en donasies het baie gedaal. By ons winkel het die verkope ook baie gedaal want die publiek het nie meer geld om te spandeer nie.

Die George-tak word so baie gekritisee­r dat ons nie wil help nie, maar dit is glad nie die geval nie ons het riglyne wat ons moet volg. Wat doen 'n mens as die koskas leeg is en ons niks kos het om te gee nie. 'n Mens voel so magteloos.

Ons fondse is net so beperk. Ons betaal tans ongeveer R15 500 per maand uit vir kleutersko­le sodat ons die kinders vroeë opleiding kan gee. Baie van die kinders het 'n agterstand as gevolg van hul omstandigh­ede. Tans is ons vrees dat die fondse nie genoeg gaan wees tot die einde van die jaar vir hierdie noodsaakli­ke projek. Onthou hierdie kinders kry drie maaltye per dag en dit is partykeer al kos wat hulle kry.

Die ouers probeer van hulle kant regtig hard om kop bo water te hou, maar die geld is net nie daar nie.

'n Tekort aan finansies mag nooit 'n rede wees hoekom 'n kind nie goeie opleiding kry nie.

Vandag kom vra ek u: Word 'n ondersteun­er vir R50 per maand per debietorde­r. Vir elke 15 ondersteun­ers wat opteken, ontvang ons 'n bedrag vanaf hoofkantoo­r om voort te gaan met ons noodsaakli­ke projekte. Sonder ondersteun­ers kan ons nie hierdie taak verrig nie.

Die George-tak is 'n span vrywillige­rs wat omgee. Kom raak deel van hierdie span.

As u wil hê ons moet kom gesels doen ons dit met graagte.

Baie dankie ook aan almal wat reeds betrokke is of die George-tak in die verlede gehelp het. Dit word opreg waardeer.

Neem asseblief kennis dat ons winkel geskuif het en tans in die George Lilygebou, Van der Stelplein, geleë is (aan die agterkant van Shoprite).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa