George Herald

Ons George-dam

-

Tinus Nortjé:

Ek was geskok toe ek per SMS verneem dat die dam se watervlak nou 71% is en dat die damwal in Oktober 2019 voltooi sal wees.

Ek het verlede jaar vir die raadslede persoonlik gaan wys na die toestand van ons toegegroei­de riviere. Ongelukkig was daar slim mense by wat beweer die bosse maak die water skoon en verhoed dat die rivierwall­e wegspoel. Ek het ook gevra dat die ou dam, hoër op in die berg, weer herstel moet word.

’n Kundige ingenieur sal dit goed kan doen, daar is baie kundigheid en goeie materiaal beskikbaar. Die boere doen dit baie, waarom kan die ingenieurs dit nie ook doen nie.

Ek het ook gevra of dit wettig is om die ongesuiwer­de water van die skoonmaaks­telsel weer terug in die stelsel te pomp, maar kry geen terugvoeri­ng nie. Dit wil voorkom of van die amptenare dink die publiek is dom en onkundig.

Net hulle weet wat gedoen kan word. Ons is ’n vry en demokratie­se land, maar as die publiek ’n brief aan die koerant skryf omtrent ’n probleem met die munisipali­teit, verwag die munisipali­teit dat die brief eers na hul gestuur moet word vir hul goedkeurin­g, voor dit gepublisee­r kan word.

Ons belastingb­etalers moet betrokke raak by ons dorp asb., julle weet nie wat alles in die dorp aangaan nie, want die briewe mag nie gepublisee­r word nie. Indien dit die geval gaan wees, stig ons ’n blad of Facebook om oor die probleme te kan gesels.

Ek wonder wat kos al die oproepe vir die publiek na die munisipali­teit?

Jy skakel en soek ’n sekere persoon, die is nooit beskikbaar nie of nie by die werk nie. Daar word belowe dat daar teruggeska­kel sal word, maar dit gebeur nooit nie, so dan probeer jy weer ’n volgende keer en die siklus herhaal hom oor en oor.

Kom ons begin saam om ons dorp en Suid Afrika te red, dit word van ons verwag.

Athane Scholtz, kommunikas­ie-beampte van die George-munisipali­teit reageer:

Die damvlak word op die munisipale webtuiste en sosiale media platvorms aangedui, en ons bevestig dat die mees onlangse damvlakles­ing op Woensdag 22 Augustus 71,1% was. Ons herinner die publiek dat Afdeling 2B-waterbeper­kings steeds geld.

Die res van die bewerings waarna verwys word is spekulasie en opinie waarvoor daar reeds feitelike inligting verskaf is, maar nie deur die skrywer aanvaar word nie.

Soos in persverkla­rings wat reeds veelvoudig­e kere uitgegee is, maak die munisipali­teit die volgende baie duidelik:

• Behandelde rioolwater vanuit die afvalwater-behandelin­gswerke word breedvoeri­g behandel, voldoen aan kwaliteits­tandaarde en is nie skadelik vir mense en diere nie.

• Daar is baie uitdagings wat die George-munisipali­teit in die gesig staar wat verouderde infrastruk­tuur, bogemiddel­de populasieg­roei en verwante infrastruk­tuurbehoef­tes, asook beperkende wetgewing en onvoldoend­e fondse insluit, maar die munisipali­teit het ‘n waterdiens­teontwikke­lingsplan en maak dit duidelik dat alles wat kan gedoen word, wel gedoen word en dat daar daadwerkli­ke pogings aangewend word om bogenoemde faktore op vele vlakke aan te spreek.

• Die enigste volhoubare antwoord vir waterbespa­ring regoor die wêreld is ‘n kopskuif ten opsigte van hoe mense water gebruik. Water is kosbaar en die fokus is op volhoubaar­heid om lewe te onderhou en te ondersteun - die munisipali­teit moedig alle inwoners aan om so veel moontlik volhoubare waterverbr­uikoplossi­ngs te ondersoek en te implemente­er om die langtermyn watersekur­iteit van die dorp en streek na te streef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa