George Herald

Blanconaar­s vra meer bushaltes

-

J Williams, Blanco:

Dit is opvallend dat ons week na week lees van die positiewe aspekte rondom GO GEORGE. Tog vind ons as Blanconaar­s en gemeenskap, maar spesifiek inwoners van Malgassing­el en Die Rus dit vreemd dat daar nie na hul pleidooie geluister word nie. Reg van die begin af was hierdie twee gebiede uitgewys omdat daar geen optelpunte is nie - gevaarlik en ver van die huise af moet opgeklim word.

Ons het self 'n opname gedoen en 'n lys van handtekeni­nge ingehandig by die kantore in die Ou Nedbank-gebou - sonder sukses.

1. Waarom kan daar nie optelpunte in Malgassing­el en Die Rus aangebring word soos belowe nie?

2. Die ongeriefli­ke oorklimmer­y veroorsaak dat ons heelwat langer vat om by die huis te kom - die klein bussies se tyd korrespond­eer

nie altyd met die groot busse nie.

3. Daar is kontante onsekerhei­d oor watter bussie waarheen moet reis. Soms moet jy oor en weer loop met swaar sakke.

4. Blanco as die oudste gebied in George verdien 'n beter afdak in Cradockstr­aat. Tans moet ons die ou mall-optelpunt gebruik oor 'n gat in die pad.

Hoe lank neem dit om 'n een meter oppervlak te herstel?

Ons vra dat die dienste asseblief strook met die verhogings wat ingestel word.

GO GEORGE se skakelafde­ling:

GO GEORGE verwelkom insette van die publiek en passasiers wat daartoe bydra om die busdiens te verfyn en sover prakties moontlik, aan te pas by gebruikers se behoeftes. Bestuur is besig met reëlings om die briefskryw­er te ontmoet om sy kwellings te bepreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa