George Herald

Langeberg Sages besoek Suid-Kaap

- Marius Loubser

Heidelberg se gholfbaan was op Dinsdag 21 Augustus letterlik 'n miernes van bedrywighe­id toe 68 gholfspele­rs daarop toegesak het.

Die rede vir die groot getal was die jaarlikse botsing tussen die Langeberg

Sages en Suid-Kaap se spelers, 'n lekker kompetisie­dag wat nou reeds tradisione­el deur Sentraal-Suid Koöperasie (SSK) geborg word.

Die byeenkoms wissel elke jaar tussen Swellendam en Heidelberg en hierdie jaar was dit dan die Suid-Kaap wat gasheer gespeel het vir die lekker groot groep spelers.

Neels Lourens, die Sages-verteenwoo­rdiger op Heidelberg verdien ook 'n ekstra klop op die skouer vir al sy harde werk asook die gholfbestu­ur en baanperson­eel.

SSK skenk nou reeds die afgelope vier jaar 'n ruim bedrag vir die kompetisie­dag tussen Suid-Kaap en Langeberg en Kobus van Loggerenbe­rg het die prysuitdel­ing namens die borge bygewoon.

Die formaat van spel was 'n Beterbal Stableford-kompetisie en die wenners tussen die twee unies is bepaal volgens die gemiddelde Stableford-punte van elke unie se totale pare.

Suid-Kaap het 46 spelers (23 pare) in die

veld gehad en Langeberg 22 spelers (11 pare). Langeberg klop Suid-Kaap

oortuigend met 'n gemiddeld van 44 teenoor 40,3. Brian Oosthuizen en sy spelers is opreg trots hierop.

In die Beterbal-kompetisie het twee pare met hul spel bo die ander spelers uitgetroon. Johan Barnard van Riviersond­erend en Lampies Lambrecht van Worcester teken 'n fenomenale 54 punte aan, gevolg deur Leon van Schalkwyk van Boggomsbaa­i en Dave Gravett van Stilbaai se ewe goeie 52.

Barnard (12 voorgee) het 'n brutotelli­ng van 75 oor die 18 putjies aangeteken en sy maat, Lamprech (20 voorgee) 'n ewe goeie 86. Anton Swart, eienaar van JC Slagtery op Riversdal, het ook soos gewoonlik die dag bygewoon.

Hy borg tradisione­el die naaste aan die penne kompetisie en het ook 'n groot geskenkpak opgemaak wat uitgeloot is om ekstra fondse vir die kankerinsa­meling te doen.

Suid-Kaap Sages se volgende kompetisie is die Sanlam Kankerdag op Mosselbaai op 10 September.

Uitslag van die kompetisie

1 Johan Barnard en Lampies Lambrecht (L) 54; 2 Leon van Schalkwyk en Dave Gravett (SK) 52; 3 Johan Steyn en Bill Skinner (L) 48; 4 Van le Roux en Pieter le

Roux (SK) 47; 5 Gielie Meyer en David Francke (L) 47; 6 Wouter Human en Nico van Schalkwyk (L) 46; 7 Dawid Gerber en Chris Barnard (SK) 46; 8 Bill en Celia Hart (SK) 45; 9 Chris Coert en Brian Oosthuizen

(L) 45; 10 Gary Ristow en Pat Tavener (SK) 45.

Naaste aan die penne is gewen deur Charl du Randt (SK) op 4/13 en Karl Lewis (SK) op 7/16.

 ??  ?? Wenners van die SSK-dag op Heidelberg: Gielie Meyer en David Francke (5de), Pieter en Van le Roux (4de), Leon van Schalkwyk (2de), Brian Oosthuizen (voorsitter Langeberg), Dave Gravett (2de), Kobus van Loggerenbe­rg (SSK), Grove Koch (voors. Suid-Kaap), Lampies Lambrecht en Johan Barnard (1ste) en Bill Skinner en Johan Steyn (3de).
Wenners van die SSK-dag op Heidelberg: Gielie Meyer en David Francke (5de), Pieter en Van le Roux (4de), Leon van Schalkwyk (2de), Brian Oosthuizen (voorsitter Langeberg), Dave Gravett (2de), Kobus van Loggerenbe­rg (SSK), Grove Koch (voors. Suid-Kaap), Lampies Lambrecht en Johan Barnard (1ste) en Bill Skinner en Johan Steyn (3de).
 ??  ?? Die twee voorsitter­s, Brian Oosthuizen (Langeberg) en Grove Koch (Suid-Kaap) saam met Kobus van Loggerenbe­rg van Sentraal-Suid Koöperasie (regs).
Die twee voorsitter­s, Brian Oosthuizen (Langeberg) en Grove Koch (Suid-Kaap) saam met Kobus van Loggerenbe­rg van Sentraal-Suid Koöperasie (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa